book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2019

Regop, trots en gesond

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

’n Mooi, regop postuur sê iets. Dit weerspieël ’n innerlike selfvertroue, selftrots, ’n bereidheid om die lewe vierkant in die oë te kyk. En les bes: Dit lyk elegant. Postuur gaan egter nie net oor voorkoms nie. Dis ook belangrik vir jou kind se gesonde ontwikkeling.

’n Goeie postuur behels dat jy regop kan loop of sit, ’n goeie balans het en fyn aktiwiteite weg van jou kan uitvoer. Dit beteken dat liggaamsgewrigte in ’n byna neutrale posisie gehou word sodat jou spiere, gewrigte en ligamente eweredig bydra tot die handhawing van jou liggaamsposisie. Spanning op die lyf of ruggraat as gevolg van swak postuur kan slegte postuurgewoontes veroorsaak, wat ’n invloed kan hê op hoe jou kind groei en op sy langtermyn-postuurontwikkeling. Studies het getoon dat laerugpyn dikwels al in die kinderjare begin. Altesaam 10 persent van nege- en tienjariges ly daaraan – en ’n swak postuur is een van die grootste oorsake. Yvette de la Port, ’n fisioterapeut by De la Port & Hattingh Physiotherapists in Klerksdorp in Noordwes, sê ’n swak postuur in die kinderjare kan tot ooreisingsbeserings lei. In studies is ook gewys dat as kinders van jongs af leer om ’n goeie postuur te handhaaf, dit die voorkoms van laerugpyn verminder. Wanneer ’n kind tussen twee en vier jaar oud goeie postuurgewoontes leer, ontwikkel en versterk die regte spiergroepe in sy lyfie. Dit is weer belangrik vir ’n goeie postuur in later jare.

Jou baba

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees