book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2019

Jou kind se spiertonus: Slap spiertjies

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Baie kinders word met ’n lae spiertonus gebore. As daar geen onderliggende mediese oorsaak soos Down-sindroom of spierdistrofie is nie, kan dit gelukkig in die meeste gevalle reggestel word met programme wat spierkrag, koördinasie en beheer verbeter.

Ironies genoeg is die beste manier om spiertonus te verbeter om te beweeg, iets waarvan jou japsnoet met lae spiertonus nie baie hou nie. Jou rol is dus om haar speel-speel sover te kry om meer te beweeg en haar spiertjies te versterk.

Hoewel spiertonus en spierkrag nie dieselfde ding is nie, kan sterker spiere jou kind se lae spiertonus verbeter. Moet niks vir jou kind doen wat sy self kan doen nie, is die raad van die bewegingskundiges Liz Victor en Melodie de Jager in hul boek Speel leer slim (Metz Press). “Spiertonus ontwikkel wanneer ’n kind haar eie liggaamsgewig teen die trekkrag van swaartekrag gebruik. Laat haar beweeg, goed trek en optel, iets stoot en aan goed hang,” sê die skrywers.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees