Só leer jou kind die groottekonsep aan

akkreditasie
Hier is hoe jy jou kinders van verskillende groottes kan leer.

Die konsep van grootte verwys na ‘n kleinding se vermoë om tussen verskillende groottes te diskrimineer en sluit groot en klein, vol en leeg, lank en kort, min of een en baie of meer, ver en naby asook dik en dun in.

Hierdie konsep ontwikkel in ‘n spesifieke volgorde en dit is belangrik vir ouers om dít in gedagte te hou wanneer kinders nuwe konsepte aanleer. 

Doen ‘n verskeidenheid aktiwiteite met jou kleinding om die groottekonsep vas te lê eerder as om net dieselfde een oor en oor te herhaal. Leer dus vir jou kind een konsep op en slag en wag tot hulle alle vrae elke keer reg beantwoord en elke aktiwiteit goed onder die knie het voor julle na die volgende een beweeg.

Onthou dat jou kleintjie teen hul eie pas leer en hulle die leerproses moet geniet. Wanneer jy dus agterkom dat hulle sukkel om ‘n nuwe konsep te verstaan of gefrustreerd met ‘n aktiwiteit raak, is dit altyd ‘n goeie idee eers vir ‘n rukkie op te hou en later weer te probeer. Indien hulle nogsteeds sukkel, kan julle vir ‘n rukkie na die vorige konsep teruggaan.

Die ontwikkelingsproses en volgorde is as volg:

1. Jou kind leer om tussen verskillende groottes te onderskei deur hul eie liggaam as verwysing te gebruik. Help hulle om te sien dat hulle byvoorbeeld korter as die boom in die voortuin en groter as hul bababoetie is.

2. Die volgende stap is vir jou kleinding om op drie-dimensionele vlak tussen verskillende groottes te onderskei. Die rooi kryt is dus byvoorbeeld langer as die groen kryt en die blou blokkie dikker as die geel blokkie.

3. Daarna begin jou kind op twee-dimensionele vlak tussen verskillende groottes onderskei. Wanneer hulle byvoorbeeld deur ‘n boekie blaai of papieroefeninge doen, kan hulle sien dat iets groter of langer as iets ander op die bladsy is.

Kliek op jou kind se ouderdom hieronder vir die mylpale wat jou kleinding in hierdie ontwikkelingsarea moet behaal en aktiwiteit om hulle daarmee te help:

0-1
1-2
2-3
3-4
4-5
5-6

Myslimkind is Suid-Afrika se voorste program vir Vroeë Kinderontwikkeling (VKO). Kliek hier om aan te sluit by die program.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees