book-icon Uitgawe April & Mei 2019

Tem jou peuter

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Ons raak almal maar gefrustreerd, en peuters ook. Vir hulle is dit net ’n bietjie erger omdat hulle nog nie geleer het hoe om frustrerende situasies te hanteer nie – en dan probeer hulle dit oplos deur te slaan, byt of skop.

Party kinders raak makliker gefrustreerd as ander, sê die ouerskapskrywer Marina Petropulos in Die nuwe baba- & kindersorg- handboek. “Om met rede kwaad te word, is nie noodwendig ’n slegte ding nie, maar frustrasie is ’n onontkombare deel van die lewe en kinders moet net doeltreffende maniere leer om dit te hanteer. Leer jou kinders om hul gevoelens en behoeftes in woorde uit te druk. Help hulle om te sê wat hulle omkrap.”

Dis ouers se taak om te sorg dat hul kinders aanvaarbare maniere vind om hul gevoelens te hanteer. Kinders moet nooit die idee kry dat dit toelaatbaar is om ander mense of hulleself seer te maak nie. Hulle moet leer om mooi vir iets te vra en iets in ruil vir ander aan te bied, skryf Marina.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees