V&A vir kleuterskole oor kleuterskoolkos

akkreditasie
Hier is 'n paar vrae wat ky kan vra om seker te maak dat jy die volle kosstorie hoor voor jy 'n skooltjie kies.

Ons het sommer ook die regte antwoorde bygevoeg, sodat jy juffrou-juffrou kan speel...

Word daar suiker oor pap en by groente gevoeg en hoeveel?

Geen suiker vir babas nie. Maksimum 1 teelepel op gekookte pap, geen op kitspap. Geen suiker op groente nie.

Watter soort melk word gebruik? Volroom of laevet?

Volroom onder twee jaar, laevet of vetvry vir almal ouer as twee.

Hoe word die kos gaargemaak?

Hoofsaaklik gestoom, gekook of gebak, min gebraai.

Hoeveel sout word by kos gevoeg?

Geen sout of speserye vir babas nie, min sout en speserye vir ander kinders.

Hoeveel word opgeskep?

Klein porsies word ingeskep en kinders mag nog vra as hulle nog honger is.

Word die kinders gevoer?

Babas en klein kinders word gevoer as hulle hulp nodig het, die ander eet self, maar word gehelp as hulle hulp vra.

Word hulle aangemoedig of selfs gedwing om al hulle kos op te eet?

Nee. Hulle word aangemoedig om op te hou eet as hulle magie vol is.

Wat drink hulle? Drink hulle water, melk, koeldrank of aanmaaksap?

Water met elke maaltyd en tussen-in. Melk tydens peuselhappies.

Kry hulle tee en indien wel, word daar suiker bygevoeg?

Babas kry geen tee nie. Groter kinders kan in die winter tydens een peuselhappie tee kry. Melk word bygevoeg, maar geen suiker nie.

Hardloop hulle rond met kos in die hand, of eet hulle by 'n tafeltjie?

Hulle sit by tafeltjies en stoele met alle maaltye en peuselhappies.

Wat kry hulle vir peuselhappies? Koekies en koeldrank, of 'n vrug en melk?

Vrug en melk daagliks, koekies en koeldrank maksimum een of twee keer per week.

Het hulle net 'n weekspyskaart, of een wat oor twee of meer weke strek?

Die spyskaart moet oor twee of meer weke strek.

Watter brood en margarien word gebruik?

Bruin- og heelgraanbrood met 'n lae glikemiese indeks en sagte margarien, nir blokmargarien nie. 

Watter groente word gebruik? Vars, blikkies of bevrore?

Bevrore en vars groente.


Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees