JY HET NODIG

  • Karton of plakkaatpapier in verskillende kleure en patrone
  • Skêr
  • Gom
  • Sterplakkers vir versiering

MAAK SO

Vorm ’n silinder van ’n groot langwerpige stuk karton en plak die rande vas.

Knip ’n halfsirkel en vou uit ’n ander stuk karton ’n horinkie om die neus van die vuurpyl te vorm.

Plak dit in posisie vas soos op die foto. Wees kreatief en maak vir die vuurpyl vinne.

Knip drie of vier vinne uit die papier, sny gleufies onderaan die vuurpyl en glip die vinne in.

Plak dit vas en laat die vuurpyl op sy vinne staan. Laat jou kind die vuurpyl met die sterre of prentjies versier.

WENK
Maak seker dat die vinne die vuurpyl regop kan hou voor jy dit vasplak.