Wat om te doen oor woedeaanvalle

akkreditasie
Smoor dit in die kiem.

Promosie

Uit ondervinding, beveel ek aan om 'n uitbarsting te ignoreer, want dit is die mees produktiewe langtermyn. Ek weet dit klink hard en moeilik, maar om betrokke te raak by jou kind se woedeaanvalle wys vir hulle dat hulle 'n reaksie deur negatiewe gedrag sal kry. Dit staan bekend as negatiewe-versterking. Hierdie gedrag sal baie meer gereeld wees as jou kind weet dat hul woedeaanval veroorsaak dat jy vir hulle meer aandag gee, van gedagte verander of uiteindelik aan hulle behoeftes in gee. My beste raad is om te verseker dat jou kind veilig is en dan voort te gaan asof die uitbarsting nie gebeur nie. 

Jy kan kies of jy die situasie op 'n kreatiewe manier in woorde wil sit en dan uit te sit. Byvoorbeeld, jy voel baie kwaad. So, ek gaan wag totdat jy kalmeer sodat ons daaroor praat. Soms is dit nodig om humor te gebruik om die situasie te verlig of om die intensiteit  van die woede te Verdun, of om die woede te verander in iets anders. Byvoorbeeld, die beentjies wat so hard skop is seker baie sterk, maar hulle is nogsteeds so oulike en ek is so baie lief vir hulle! Sommige kinders kan dit hanteer, maar ander vind dit meer offensief - jy ken jou kind die beste.

Leer jou kind so tussen deur hulle woedeaanvalle hoe om hulle uitbarsting te laat 'weggaan' deur die te tel tot tien. Jy kan dit ook hardop doen wanneer jy gespanne voel en so sal jou kleinding goeie gedrag naboots en sien hoe om dit te hanteer op ‘n gesonde manier. 'n Uitbarsting is 'n ander manier om iets te skep. Ons skep 'n ophef wanneer ons baie kwaad voel en ontwrig ons die vloei van dinge. Kleuters en kinders het nie die emosionele woordeskat om hul woede uit te druk nie. Woedeaanvalle word veroorsaak omdat kinders nie altyd die vermoë het om hulle emosies en frustrasies uit te druk en te bestuur nie.

Selfuitdrukking is 'n fundamentele menslike behoefte. Dit is wat jou kleuter doen - druk hulle self uit teen 'n verhoogde intensiteit! Dit dui weereens aan hoe baie belangrik dit is om jou kind ander maniere van self-uitdrukking te wys deur gebruik te maak van hul verbeelding. Dit is baie voordelig om jou kind te help om emosionele volwassenheid te ontwikkel sodat hulle 'n kreatiewe en verbeeldingryke kinderjare kan geniet. As hulle nie kry wat hulle wil wanneer hulle wil nie, stel jy jou kind in staat om innerlike vindingrykheid te ontwikkel. Soms is daar ander maniere om jou behoeftes te bevredig en jy moet dus jou kind aanmoedig om hul verbeelding te gebruik en probleemoplossing toe te pas.

Moedig hulle aan om 'n kuns breek te vat! Gebruik kuns om jou kind te help kalmeer of wanneer hulle hul gevoelens wil verwerk. Met behulp van eenvoudige kunsmateriaal kan jy jou kind vra om prentjies te maak. Hier is 'n paar idees om mee te begin, voel vry om te improviseer: Vra jou kind om een van hul gunsteling gebeure van die dag te teken. Of om prentjies te teken van wat hulle die minste van hou, hoe hulle voel, en hoe dit lyk. 

?Myslimkindis Suid-Afrika se voorste program vir Vroeë Kinderontwikkeling (VKO). Kliek hierom aan te sluit by die program.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees