10 Beste Afrikaanse kleuterverwante webtuistes

akkreditasie
Ons keuse van die 10 Beste Afrikaanse kleuterverwante webtuistes op die internet, gepak met pret- en leersame aktiwiteite, skoolhulp, stories, musiek- selfs klere en partytjie-idees!

http://juffer.wordpress.com

Die webtuiste wat jou en jou kleuter die langste sal besig hou- nog jare ebn jare lank- is Juffer se blog: My Klaskamer- idees en gedagtes uit 'n juffrou se pen.

Wat 'n vonds! Baba & Kleuter kan nie genoeg lofliedere oor hierdie webskat sing nie, Nie net lei Juffer jou kind op 'n prettige manier stap vir stap deur graad R, 1, 2 en 3 nie, sy bied ook voorskoolse raad en aktiwiteite. Daar is skakels na bruikbare takkaarte en blink idees en jy kan ook inteken as jy personnl;ike aandag nodig het. 'n Nuttige skakel vir kraakvars kleuteraktiwiteite  in die blog self is http://juffer.wordpress.com/2009/09/30/inkleurprente-en-aktiwiteite.

www.storiewerf.co.za/jongklomp

Die webtuiste is vir al die storievrate. Storiewerf sal sorg vir ure se swerf tussen woorde van avontuur, grilwoorde, rilwoorde, lirieke, reekse, luisterwoorde en pure fantasie deur Suid-Afrikaanse skrywers. Die Haasbekkies-afdeling hte stories wat net lê en wag dat Mamma en Pappa dit druk en voorlees. In die Storiegedorie-afdeling vertel jong lesers self hoekom hulle van sekere soorte stories hou en die webtuiste het al gediggies van kinders so jonk as sewe gepubliseer. Daar's selfs prosa, samesprake en monoloë wat jou kind by kunswedstryde kna opvoer. 

www.kleuters.co.za

Hierdie webtuiste het ontstaan toe 'n kleutermamma op soek was na Afrikaanse kleuteraktiwiteite en voorskoolse inligting op die web ter voorbereiding van haar oudste vir die grootskool.

In haar soeke het sy op 'n volle niks afgekom nie en toe besluit om iets daaraan te doen. So het kleuters.co.za 'n smeltpot geword van liedjies, rympies, kindergebedjies, Bybelverhale, resepte vir klei, koekies en lekkers en 'n gids tot die oulikste beskikbare Afrikaanse kleuterprodukte soos rekenaarspeletjies, opvoedkundige speelgoed, musiek en DVD's. Die aktiwiteite is gratis en sal beslis bydra tot jou kleuter se skoolgereedheid.

www.filaflooi.co.za

'n Afrikaanse kleuterklerereeks, haleluja! Skaf vir jou kind tussen een en ses jaar oud 'n T-hempie aan met 'n Afrikaanse trefwoord of rympie op. Jy kies een van die rympies op hul ellelange lys en die kleur van die hemp uit hul kleureversameling. 

Een gewilde rympiekeuse is:

ienkel dienkel dalie-kind

hardloop soos die wilde wind

hier gedraai en daar geswaai

van gvir jou 'n vlinder

en hou hom saggies vas

drrom die mooiste drome 

wat by 'n vlinder pas

Filaflooi hekel ook rokkies op aanvraag en voorbeelde kan na jou gestuur word. 

www.kinderwerf.co.za

Soos kleuters.co.za is dit ook 'n goeie versameltuiste. Daar is gratis speletjies vir peuters van twee jaar en ouer, partytjiewenke, aksierympies, resepte, wenke vir ouers en 'n gebruiksvriendelike aanlynwinkel met tonne hulpvaardige produkte.

http://peuters.yolasite.com

'n Program vir peuters wat deur 'n kleuterskoolonderwyseres saamgestel is en waar ouers nuwe dinge soos kleure, vorms en begrippe met die hulp van temas aan hul peuters voorstel en hulle so stimuleer.

Daar is vier ten volle uitgewerkte weeklikse programme wat jy m et jou peuter kan deel. 

Dis hope pret vir ma en kind. Groot bonus: 65 bladsye van liedtjies en rympies!

www.esl.ee.sun.ac.za/~lochner/blerkas

Ons Blêrkas van Afrikaanse volksmusiek is 'n argief met 400 Afrikaanse volksliedjies. Klik op die liedjienaam om die woorde te lees en klik op die musieknote om die wysie te hoor. Volksliedjies word weer gewild en kommersiële kunstenaars neem dit ook graag op- dink maar aan Dozi se Ou Ryperd. Stel jou kind hier aan 'n skatkis van geskiedenis bloot.


www.holderstebolder.co.za

Hier vind jy elke moontlike leerhulpmiddel in Afrikaans wat jou kind van voorskools tot hoërskool nodig kan kry. Daar's 'n lys van bestelbare Afrikaanse kinder- en jeugboeke en Pretpos is 'n leespakkie met boekies en aktiwiteite wat leeslus aanwakker. Verwag wenke, taalhulp en skryfhulp.

www.partykie.co.za

Dis aanvanklik moeilik om jou pad deur dié webtuiste te vind, maar as jy eers agtergekom het waar al die skakels op die tuisblad is en waarheen dit lei, bied dit waardevolle inspirasie en goeie praktiese resepte. Die kletsforum, waar ma's gedagtes wissel, is baie gewild. 

Pretpakette

Daar is 'n hele paar webtuistes wat verskillende soorte pretpakette met wonderlike leeraktiwiteite vir kleuters en laerskoolkinders bied. Die webtuistes self is slegs op die produk gefokus en dus nie so omvattend soos van die ander in dié artikel nie, maar die pretpakette kan van onskatbare waarde vir jou kind se ontwikkeling wees en daarom sluit ons die volgende vier onder een koepel in

www.besterklub.com

Besterklub-maatjies kry weekliks 'n opwindende pretpak propvol wiskunde-, wetenskap- en kunsaktiwiteite en allerlei ander opvoedkundige projekte. Pretpakke word saamgestel volgens 'n maandelikse tema met 'n oorspronklike storie en liedjie wat by daardie tema pas. Die liedjies word deur Lienka, Johrné (albei van disselblom) en Jannie gesing en die stories word onderskeidelik deur Richard van der Westhuizen en Lochner de Kock vertel. 'n Uitstekend saamgestelde webwerf.

www.uitblinkers.co.za

Dit help ouers om 'n liefde vir lees by hul jong kinders te skep deur middel van die Disney-boekklub met leesboekies en aktiwiteite. Die webtuiste bevat ook 'n reeks insiggewende artikels oor kinders en leesgedrag.

www.loebi.co.za

Loebi die drakie se oorspronklike Afrikaanse leesreekse is geskik vir ouderdomme 0-2, 2-3, 3-4, 4-5 en 5-7. Vind ook Loebi se partytjievoorstelle en ander wenke.

www.kleuter-klieks.com

Hier kan jy sagteware aflaai op jou kleuter te help om die alfabet, syfers, vorms en kleure baas te raak. Daar is ook gratis flitskaarte.

  • Klik hier vir meer aktiwiteite en skoolgereedheid werkstukke op YourParenting 
  • Klik hier vir alle kleuterrympies op YouParenting
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees