10 top toeps vir kleuters

akkreditasie
Leer soveel meer pret met 'n iPad op jou skoot! Hier's ons keuse van 10 toeps vir kleuters. Beste van als... die meeste kos 'n appel en 'n ei, of is sommer gratis!

3 toeps wat syfervaardighede slyp

A Dinosaur Kids Math

Dié eenvoudige wiskundespeletjies help jou kind om flink te tel, op te tel en af te trek. Namate jou kind elke vlak bemeester, word dinosouruspryse oopgesluit. Dit werk op jou iPod Touch, iPhone en iPad. $1.99 (gratis mini-weergawe ook beskikbaar).

Klik hier om dit af te laai. 

fingerCount

Met hierdie syferspeletjie leer jou kind die konsep van hoeveelhede deur te tel. Boonop word hand-oog-koördinasie en ruimtelike verhoudings ook geoefen. Dit werk op jou iPod Touch, iPhone en iPad. $0.99 (gratis mini-weergawe ook beskikbaar)

Klik hier om dit af te laai.

Learn Your Numbers

Jou kind sal leer om syfers te skryf en te onthou met dié prettige, verbeeldingryke speletjie. Syfers word in volgorde tot 30 behandel, en daarna in tiene tot by 100. Dit werk op jou iPod Touch, iPhone en iPad. Gratis!

3 toeps wat taalvaardighede slyp

Reading for Kids. 100 Ways to Encourage Your Child to Read 

Hierdie toep is vir ouers wat 'n bietjie inspirasie soek om leserstjies groot te maak. Kry dit op jou iPod Touch, iPhone en iPad. Gratis!

’n Goeie begin as jy jou kind ’nbietjie Engels wil leer. Die storieis geskik vir voorskoolse kinders. Ditgaan oor ’n klein dogtertjie met ’n groothart en word voorgelees deur ’n seuntjie. Dit werk op jou iPod Touch, iPhone eniPad. Gratis!

Klik hier om af te laai. 

ABC for Me

Gebruik hierdie toep en jy kan ’n boek skep met foto’s van jou kind in wat hom die alfabet en syfers leer. Dit sal sy leesvaardighede in Engels aanmoedig, as julle al in daardie stadium is. Dit werk op jou iPod Touch, iPhone en iPad. Gratis!

Klik hier om af te laai.

2 toeps wat lewensvaardighede slyp

A Quest for Good Manners

Rosalind en haar troeteldrakie is sommer ongeskik. Hul storie leer jou kind wat goeie maniere nou eintlik is. Dit werk op jou iPod Touch, iPhone en iPad. $1.99

Klik hier om af te laai. 

Munchie Monkey Picky Eater

As jou kind vol fiemies is, is hierdie toep net die ding. Dit moedig jou kind op ’n speelse manier aan om nuwe kossoorte te beproef. Dit werk op jou iPod Touch, iPhone en iPad. Gratis!

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees