As jy 'n twee- tot agtjarige kind het, sal PlayKids moontlik binnekort jou kind se gunsteling speel-en-leer-toep word. Waarom?

1. Dis reeds die nommer-een kindertoep in 25 lande

As soveel ander families gaande daaroor is, wel, is die kanse goed dat joune ook sal wees!

2. Uitstekende inhoud

Van die wêreld se voorste skeppers van kinderprogramme het saamgesnoer met kenners van die Universiteit van Stanford en MIT om 'n magdom animasievideo's, liedjies en leerspeletjies te ontwikkel. Sommige van die programme is selfs met 'n Emmy bekroon!

3. Afrikaanse inhoud

Lollos is op PlayKids! So ook is die Suid-Afrikaanse Jungle Beat animasiefilms en Afrikaanse saamsing-liedjies.

4. Baie, baie inhoud

Daar is geen manier dat jou peuter of kleuter verveeld sal raak nie! Duisende video's, speletjies en stories is reeds deel van die toep, en meer word weekliks bygevoeg.

5. 4 toeps in 1

PlayKids bestaan eintlik uit 4 verskillende toeps:

  • PlayKids: Die “tuiste-toep” met uitstekende inhoud vir kinders van 5 jaar en kleiner. Dis hier waar die plaaslike inhoud ook is.
  • PlayKids Stories: 'n Biblioteek vol aanlyn boeke, met die opsie om dit vir jou kind voor te lees.
  • PlayKids Party: Speletjies vir kinders 6 tot 8-jaar oud.
  • PlayKids Learn: Lees, wiskunde, kuns, lewensvaardigheid en kreatiewe afdelings vir kinders van 6 tot 8.

Laai al 4 af maar registreer slegs eenmaal vir toegang tot al 4 toeps.

6. Oulike karakters

Van Disney en Lollos tot karakters wat spesiaal vir PlayKids geskep is.

7. Toepaslik vir verskillende ouderdomme

Jy kan 'n profiel skep vir elk van jou kinders, sodat die inhoud spesiaal vir hul ouderdom en ontwikkelingsvlak aangepas word.

8. Dis veilig, en sonder advertensies

Met 'n KidSafe-sertifikaat weet jy dat die toepassing se inhoud geheel en al veilig vir peuters en kleuters. Daar is ook geen advertensies wat opspring nie.

9. Beskikbaar sonder internet

Jy kan die inhoud aflaai sodat jou kind dit kan geniet wanneer julle sonder internet is. Een storie of video is tipies 10 to 15 MB groot en neem sowat 10 tot 20 sekondes om af te laai met 'n 4 Mbps-verbinding. Jy kan ook in die verstellings sellulére data afskakel sodat jou kind nooit per ongeluk groot lêers aflaai met jou foon se data nie! Jy kan ook die videos se kwaliteit verminder onder die verstellings om tyd en plek op jou hardeskyf te bespaar.

10. Afrikaanse toep teks

Die toepassing groet jou outomaties met Afrikaanse teks! Indien jy dit in Engels verkies, kan jy dit in die verstellings onder "taal" verander na Engels of Portugees... of wat van Japanees!

11. Bekostigbaar

Vir dieselfde prys as 'n burger en tjips kan jy vir jou kinders kwaliteit-tyd op die skerm bied, met oulike leerspeletjies wat wiskunde, wetenskap, leesvaardighede en kunstigheid aanmoedig!

Beperkte inhoud op all 4 toeps: gratis

PlayKids Premium (in-toep intekening): R59,99 per maand vir al die inhoud in all 4 toeps. Jy kan eers inteken vir 'n 7-dag gratis proeflopie.

Waar kry ek dit?

PlayKids is beskikbaar op die Google Play en Apple App-winkels.

PlayKids is ontwikkel deur Movile en word deur Parent24 se hoofmaatskappy, Media24, na Suid-Afrika gebring. 

Probeer dit gerus en laat ons weet waarvan julle kinders hou (of miskien nie hou nie). Stuur jou kommentaar aan web@babaenkleuter.co.za en ons publiseer dalk jou resensie!