Afrikaanse baba & kinderboeke

akkreditasie
Kostelike baba- en kinderprenteboeke wat jou kind se lus vir lees sal aanwakker!

Wat is dit? 

Hierdie drie boekies maak deel van een reeks uit. Wat is dit? Op die plaas, Wat is dit? Gunsteling diere en Wat is dit? By die huis het prettige illustrasies deur Belinda Worsley en ontwikkel jou baba se woordeskat op 'n maklike manier. Met die duidelike prentjies sal jou baba sommer binnekort sy eerste paar woordjies sonder probleme aframmel.

Klik hier om te koop.

Kriewel en knor!

Julia Donaldson se Kriewel en knor! is beslis 'n moet vir die boekrak. Hierdie storie is vertaal deur Jaco Jacobs en is vol rympies wat jou kleinding lekker besig hou. Jy kan die rympies hardop lees terwyl jou kind al die aksies saam kan uitvoer.

Klik hier om te koop.

Baba se slaaptyd storieboek

Die stoerieboek, deur Sam Taplin, sal jou peuter of kleuter dolgelukkig hou net voor slaaptyd. Die storieboek bevat 17 kort stories oor diere wat jou naguiltjie ná 'n besige dag vinnig na droomland sal stuur. 

Klik hier om te koop. 

Cowboy Koekemoer

Cowboy Koekemoer is 'n avontuurverhaal deur Henry Ferreira wat jou kind terdeë sal geniet. Cowboy Koekemoer en sy kameelperd, Shorty, staan vir niemand terug nie! Die skel Seerower van Watsenaam sal in sy spore moet trap, want Cowboy Koekemoer is beslis die dapperste cowboy in die Klein-Karoo.

Klik hier om te koop. 

Sam

Dis 'n avontuur soos min- die ware verhaal van 'n dogtertjie wat meer as 'n eeu gelede met haar olifant van China na Frankryk moes reis, geskryf deur Ingrid vander Veken en vertaal deur Sntjie Krog. Die mooi illustrasies deur Marjorie van Heerden is in swart en wit en dalk 'n bietjie min om die verbeelding van jonger kinders aan te gryp, maar laerskoolmeisies sal dol wees oor die boek.

Klik hier om te koop.

Anna Atoom en die Magnetiese Meermin

Elizabeth Wasserman se verhaal is 'n humoristiese avontuurverhaal saam met Anna Atoom wat jou kind terselfdetyd leer van wetenskap, die seelewe, rekenaars, tegnologie, die ruimte en gesinsdinamika. Indien jou gesin 'n groen lewenstyl probeer handhaaf, is dié boek net die regte ding om jou 10-jarige daarvan bewus te maak.

Klik hier om te koop.

Mag ek in jou doek loer?

Trek Guido van Genechten se Mag ek in jou doek loer? nader die oomblik dat jy die potjie vir jou peuter te voorskyn bring. Hy kan Koeitjie en Perdjie en ander diere se flappies lig om te sien wat in hul doeke aangaan (miskoek, perdevye, haasbolletjies...). Uiteindelik kom Muisie se eie flappie aan die beurt en raai wat? Sy doek is leeg! Hy gebruik 'n potjie! En al die diere leer dan hoe. Die boek is vol pret en verander potjietyd in prettyd.

Klik hier om te koop. 

Waarvoor is seerowers bang?

Dit kan sekerlik nie so moeilik wees soos vir Tjokka en Charlie en Kaptein Kalamari nie? Indien wel, is dit tyd om Jaco Jacobs se seerowerjuweel, Waarvoor is seerowers bang? aan te skaf. Dit kan jou kleuter dalk oortuig om nie meer soos 'n maand oue kaas of 'n emmer vol aas te ruik nie! Fantasieryke rympies en illustrasies.

Klik hier om te koop.

Speurhond Willem in die ruimte

Dit is die vierde boek van NB-uigewers in die reeks oor die vreeslose "gespikkelde spanjoel". Vorige avonture het hom in sy jong verteller-eienaar Adriaan- 'n skynbaar dooddgewone seun wat sukkel om te spel en terloops 'n agent vir die Internasionale Speurdiens is- na Europa, die Indiese Oseaan en die Bosveld geneem. Nou pak die twee kamerade die ruimte. Die teks is pittig en toeganklik vir ale avonturiers, ou en bjonk, maar meestal vir dié in ouderdomsgroep 8 tot 11 jaar.

Klik hier om te koop.

Baba mê mê!

Flappies wat maklik lig, help babas om hul wêreld in die kartonboekies te verken en te kyk wie waar wegkruip. Soek die hoender in die madjie, die vliegtuig agter die reënboog en die piepende muis agter die geel kaas. Die boekies van Lapa het prettige volkleur illustrasies en is geskik vir babas en peuters.

Klik hier om te koop.  

Beertjie se prettige dag

Beertjie se prettige dag en Waar is Eendjie? is twee volkleur kartonboekies vir peuters in die Gee my 'n drukkie-reeks. Die boekies is lig en stewig sodat jou kind self daardeur kan blaai. Mamma Eend en Mamma Beer se vlerk en poot vou oop sodat julle die oulike storie in rymtaal kan ontdek. 

Klik hier om te koop.

Dawid en Goliat

Dié boek maak deel uit van 'n reeks van agt pragtig geïllustreerde klassieke Bybelverhale. Die aanbieding is eenvoudig met kort, maklik vertsaanbare sinne wat selfs ingewikkelde stories soos Paasfess toeganklik maak. En die slaaptydstorie oor 'n klein seuntjie wat 'n reus verslaan bied dalk 'n goeie beginpunt vir 'n les oor dapperheid.

Klik hier om te koop.

die SMURFIES: Die Smurfmobiel

Watter plesier om die name Brilsmurf, Boer Smurf, Nutsman Smurf, die nare Gargamel en ander Smurfname in Afrikaans oor die tong te laat rol. Die avonture en karakters is so parmantig en oulik soos gewoonlik; kyk maar na Spiere Smurf die Ridder en Nutsman Smurf Smurf die Weer. Die stories het baie aanhalings wat die karakters self laat praat. Dit kan groot pret met rolspel by voorleestyd bring.

Klik hier om te koop.

Moemin en die maanlig-avontuur

Die eerste drie Moemin-boeke wat in Afrikaans verskyn het, het reeds bewys dat kinders so jonk as 18 maande Tove Jansson se pragtige illustrasies en eenvoudige stories nie kan weerstaan nie. Dis nou 'n storie wat jy in dieselfde asem vir jou agtjarige en peuter kan lees. 

Klik hier om te koop.

Die Prinses en die perfekte prys

Knoppies het 'n universele aantrekkingskrag en wanneer dit boonop geluide maak, is dit beslis peutervriendelik. Babaseuntjies sal mal wees oor Raserige rygoed en Raserige diere, terwyl dogtertjies Die feetjie se prettige partytjie en Die prinses en die perfekte prys sal geniet. Elke boekie het vier geluidknoppies.

Klik hier om te koop.

My Saamdraboekie: Diere

Daar is niks so nuttig soos 'n stewige katronboekie wat jy in jou handsak kan prop wanneer jy en kleinboet of -sus op 'n uitstappie gaan nie. Sodra die pad te lank of die restaurant te vervelig raak, kan Diere of Kleure sy verskyning maak om met oulike rympies jou baba of peuter se aandag van sy omgewing af te trek. Baie prakties en die rym beslis 'n pluspunt.

Klik hier om te koop. 

Brul! Hier kom Leeu!

Ha, ha! Astrante apie en Brul! Hier kom Leeu! se opwipprentjies spring sommer by die bladsy uit en sal jou peuter laat kraai van die plesier. Die teks is kort genoeg om hul aandag te hou en terselfdetyd woordeskat ui te brei. 'n Aanwins vir jou een- tot driejarige se boekrak (en slefs grootsus van so vyf kan dalk glimlag).

Klik hier om te koop.

Groot Masjiene

Stel jou peuter aan drie werkende rygoed bekend: trekskoplaaier, stortvragmotor en betonmenger. Jy kan ook ingeslote wiele aan die kartonmodel van elk heg sodat jou peuter sy eie vragmotor kan laat ry. Groot masjiene sal jou peuter- en kleuterseuntjie beïndruk.

Klik hier om te koop.

Die ou tante en die vlieg

Die verbeeldingryke illustrasies deur Dale Blakenaar maak Fantasi se Ek lees self-reeks baie aantreklik vir beginnerlesers. Met titels soos "Die ou tante en die vlieg", "Die muis wat met son wou trou" en "Die rooi hennetjie" leer kinders deur mideel van bekende sprokies en volsverhale om self te lees.

Klik hier om te koop.

Die ontvoerde Hasie

Fantasi-uitgewers het twee klassieke reekse deur Viktor Shatunov op stal: Die stadsmusikante en Dartanjan en die drie musketiers.Twee nuwe volumes het in elk van hierdie reekse verskyn en met helder, komisie illustrasies sal dit veral jou kleuter- en laerskoolseuntjie se lus na avontuur en aksie aanwakker.

Klik hier om te koop.

Wat van 'n storie voor Droomland?

Wat van 'n storie voor droomland? het oorspronklik in België verskyn en is geïllustreer deur Francois Ruyer. Tien verskillende skrywers het stories bygedra, so uiteenlopend soos "Andries Olifant", "Die reus wat nie 'n reus wou wees niw" en "Die Engelprinses". 'n Ligte slaaptydstorieboek vir kleuters en jong laerskoolkinders.

Klik hier om te koop. 

Jakkals en Wolf

Pieter W. Grobbelaar se weergawe van Jakkals en Wolf, met illustrasies deur Séan Verster, sal pa en kind ewe breed laat grinnik. Die stories bly maar snaaks en hoewel dit eenvoudig is om te verstaan, is Grobbelaar se aanbieding gesofistikeerd en ook op 'n meer volwasse leser gemik. 

Klik hier om te koop.

Die avonture van Bomani Meerkat & ander stories

Twee boeke van CMP Kids wat die kroos opgewonde sal hê: In Bomani Meerkat & ander stories (Ewald van Rensburg en Tanja Joubert) word elke verhaal met 'n aktiwiteiten gebedtjie afgesluit. 

Klik hier om te koop.

Dit raas op die plaas

'n Klankboek wat jonger kleuters gaande sal hê, is Raas op die plaas. deur Stephanie Stansbie. In die storie ontdek kinders al die dieregeluide op die plaas, wanneer hulle die klanknoppies druk, op soek na Hoenderhaan. 

Klik hier om te koop.

wat maak so, Manie Muis?

Stephanie Stansbie se Wat maak so, Manie Muis? is gemik op kleuters wat met slaaptyd deur naggeluide ontstel word. Dis 'n klankboek met knoppies wat gedruk kan word, om die naggeluide te hoor waarvoor Manie bang is. Mamma Muis stel hom dan gerus en kort voor lank is dit net sy snorkies wat deur die huis dreun.

Klik hier om te koop. 

Lili die wensfeetjie: die geheime feetjietuin

Lili die wensfeetjie:die geheime feetjietuin is 'n volkleur-opwipspeeltuin met kartonfeetjies wat saam met jou elke hoekie en gaatjie in die fantasiewêreld kan verken. Lees die drie minjstories en laat die feetjies partytjie hou! Dis 'n feetjietuin so reg na elke kleuterdogtertjie se hart.

Klik hier om te koop. 

Wurms met tamatiesous

Die bekroonde versies sal die prettigste gediggies op jou kinderboekrak wees. Ouer kleuters en laerskoolkinders se ruggraat sal lekker ril soos hulle neus optrek en giggel. Wurms met tamatiesous is 'n taalvonds. Deur Jaco Jacobs.

Klik hier om te koop. 

Kollekapoen, Wat het jy gedoen?

Suset Maakal is 'n waterverfskilder wat deesdae ook 'n kinderboekskrywer is. Die hoofkarakter in Kollekapoen, wat het jy gedoen? is 'n Tuinlandkabouter wat graag sy rymstories met twee- tot sewejariges deel. Die illustrasies is pragtig.

Klik hier om te koop. 

Klou

Klou is 'n luiperd met 'n uitsonderlike mantel- 'n superheldmantel reken hy, en daarom gedra hy hom ook soos 'n ware held. Lees Fanie Viljoen se oorspronklike storie vir jou beginnerlesertjie voor of laat jou negejarige dit self lees.

Klik hier om te koop. 

Is jy hartseer, Beertjie?

In 'n stadium gaan jou kleuter vir altyd van iemand afskeid moet neem, of dit nou 'n maatjie is wat trek of 'n ouma wat sterf. Rachel Rivett se Is jy hartseer, Beertjie? sal hom help om die verlies te verwerk. Vir vier jaar en ouer. 

Klik hier om te koop.

Vonk @ verse 2

Die lekkerste woordlekker. Ooit gewonder hoe om by jou tiener 'n liefde vir poësie te kweek? Vonke @ verse 2 is jou als-in-een-stop, met uitsoekgedigte, illustrasies, woordverklarings en vrae om begrip te bevorder. Koop dit nou en hou dit vir wanneer jou kind oud genoeg is. Jeanette Ferreira en Rina Lamprecht. 

Klik hier om te koop. 


Haasmoles

Die hase neem Simon se kamer oor en almal moet inspring om die moles te keer. Prettige kleuterfiksie wat opruimtyd in vrolike saamwerk omskep. Deur Jaco Jacobs, illustrasies Maja Sereda.

Lapa-uitgewers

Klik hier om te koop. 

Daar op die plaas

'n Interaktiewe boekie wat jou 1-tot 3-jarige met oorgawe sal geniet. Sy moet die lammetjie vind wat êrens op die bladsy wegkruip en kan die plaasdiere met 'n draaiwiel inspan om haar te help soek. 

Klik hier om te koop. 

Speurhond Willem en die seerower

Elizabeth Wasserman se Speurhond Willem is terug en die keer beveg he seerowers, toe sy gesin 'n bootreis Mauritius toe wen en hy vertseek in 'n rugsak saamgaan. Selflees of voorlees vir 8- tot 11-jariges wat hou van avontuur. Illustrasies deur Chris Venter.

Tafelberg-uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Ek soek 'n tier

Nina is opsoek na 'n troeteldier en haar boetie verduidelik waarom 'n krokodil, kameelperd, olifant en apie net nie gaan werk nie. Kleuters (3+) leer van dierehabitat en- gewoontes deur rym en woordspel. Ook dat Kietsiekat, die miniatuur-tier, die perfekte troeteldier is.

Lapa-uitgewers

Klik hier om te koop. 

Seën met slaaptyd

Slaaptyd is die beste geleentheid om gehaltetyd saam met jou kinders te spandeer. Die saamwees en saamdoen laat hulle geborge voel. John Trente se Seën met slaaptyd is 'n uitstekende gids met 100 prettige idees waarmee jy jou kind in die bed kan sit en daarna met gebed kan seën.

Lux Verbi. BM-uitgewers.

Klik hier om te koop. 

My bed is my bed

Mij Kelly en Mary McQuillan se My bed is my bed is 'n goeie hulpmiddel vir ouers wat wat sukkel dat kleinboet of kleinsus deur die nag in sy eie bed bly. Die kleurryke illustrasies en Philip de Vos se pittige rymvertaling behoort jou kind weldra te oortuig. 

Human & Rousseau-uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Sandra se seepresente

Sandra se seepresente is 'n goeie belegging vir die toekoms vir wanneer jou kleinding al self begin lees. Intussen kan jy dit reeds vir jou 6-jarige voorlees. Dis geskryf deur Marion Drew met prettige swart-en-wit illustrasies deur die bekende kinderboekillustreerde, Vian Oelofsen.

Tafelberg-uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Rooikappie

Dis die klassieke stories van Rooikappie en Doringrosie, oulik gesryf en met 'n verskil: Jou kleinding kna aktief deelneem deur met viltprentjies en kleurryke illustrasies op elke dubbelblad nog verder aan te vul. Goeie fyn motoriese oefening! Geskik vir kinders van drie en ouer. Gesryk deur Brenda Apsley, geïllustreer deur Jo-An Shilliam en uitgegee deur Human & Rousseau.

Klik hier op te koop. 

Ek wil God ken-reeks

Die Ek wil God ken-reeks verduidelik in kindervriendelike taal sleutelbegrippe wat te doen het met die Bybel, redding, die skepping en gebed. Dis versier met oulike illustrasies. Dis geskik vir voorlee aan kinders van ses jaar en ouer. Geskryf deur Nancy Gorrell en uitgegee deur Woordverspreiding.

Klik hier om te koop. 

Klik hier om te koop.

Groot genoeg 

Groot Genoeg is 'n unieke boek wat in sowel Afrikaans as Xhosa geskryf is en 'n eg Suid-Afrikaanse aanslag het. Byna alle kinders sal met die tema kan identifiseer. Dis geskik vir voorlees vanaf drie jaar en later vir selflees. (Die oorspronklike Engels/Xhosa-weergawe is deur die Internasionale Raad van Boeke vir Jong Mense as ereboek aangewys.) Geskryf deur Mhblobo Jadezweni, geïllustreer deur Hannah Morris en uitgegee deur Lapa.

Klik hier om te koop. 

My Boetie dink hy's Batman

Die oulike rympie boek, die nuutste uit die jeugskrywer Jaco Jacobs se kreatiewe pen, sal jou en jou kind se lagspiere prikkel. Dis opwindend uitgelê met grappige illustrasies deur Chris Venter. Jy kan dit vir 'n kind van vy of ouer voorlees en as hy skool toe gaan, sal hy die rympies self kna opsê. 'n Goeie belegging vir die toekoms. 

Lapa-uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Dirk soek 'n drukkie

Dirk soek 'n drukkie sal jou jong kleuter lekker laat lag en sy sensoriese verbeelding ook prikkel met die uitdrukkingsvolle teks en illustrasies. Geskryf deur David Melling en uitgegee deur Human & Rousseau.

Klik hier om te koop. 

Die Trol

Daar is botsende belange tussen die trol wat nou waarlik keelvol vir vis is en 'n groepie honger seerowers wat nie kan kook nie. Philip de Vos se immerskerp vertaaltong is weer aan die werk en David Roberts se illustrasies betower. Jou tienerdogter mag dit net soveel geniet as jou vierjarige seuntjie. Geskryf deur Julia Donaldson.

Human & Rousseau-uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Wielie Wielie Walie

Dis 'n kinderboek wat op die gelyknamige televisiereeks van ouds gebaseer is. Louise Smit het dieselfde karakters behou, maar die stories aangepas vir hedendaagse kinders. Dis sekerlik kinder-Afrikana en gemik op ouer kleuters en jong laerskoolkinders. Illustrasies seur Séan Verster, uitgegee deur Human & Rousseau.

Klik hier om te koop. 

Eendag op 'n Reëndag

Op soek na 'n bundel eg suid-Afrikaanse volksverhale en legendes om jou jongspan mee te vermaak? Eendag op 'n Reëndag deur Wendy Maartens is 'n skatkis vol stories uit eie bodem, soos Racheltjie de Beer, Jakkals en Wolf steel botter en Jock van die Bosveld. Pragtig geïllustreer deur Natalie en tamsin Hinrichsen, uitgegee deur Lapa.

Klik hier op te koop. 

Otto se uitstappie

Hierdie boekie is geskik vir kleintjies wat hou van "kyk-lees". In die boek neem Otto die kleinspan op 'n avontuur. Otto se uitstappie is deur Eric Hill.

Human & Rousseau-uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Reënboogfeetjie se ongeluk

Reënboogfeetjie, die hoofkarakter in hierdie boek, se vlerkies is nog nie sterk genoeg om te vlieg nie, maar sy wil so graag oefen om hoog te vlieg. Maar dan skielik gebeur iets verskriklik...

Reënboogfeetjie se Ongeluk is geskryf deur Annelize Bester met illustrasies deur Johann Strauss.

Fantasi Uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Die mooiste dierestories 

Al die ou gunsteling-dierestories is in hierdie boek saamgevat met betowerende illustrasies wat die diere behoorlik lewe gee. Aan die einde van elke fabel is daar 'n lewenslessie om te onthou- die storie van skilpad wat leer vlieg, leer kleingoed beyvoorbeeld om tevrede te wees met hulself. Dit is 'n lekker aanknopingspunt om waardes en hartsake te bespreek. Die boek is geskik vir kinders vanaf 7 jaar, maar jonger kinders sal dit ook geniet. 

Deur Wendy Maartens, Lapa Uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Wat doen Pappa?

Klein Mia is 'n bietjie verward, want haar maatjies, Diaan, Jodie en Ben, spog oor wat ul pa's doen en sy weet nie mooi wat haar pa nou eintlik doen nie. Dus maak Mia hom 'n verkenner wat berge papier moet versit, 'n ridder wat baklei teen 'n draak van 'n baas en 'n superheld wat gereeld na vergaderings toe moet vlieg! Dis 'n boek wat die hele gesin lekker sal laat lag en is geskik vir kleuters vanaf 3 jaar. Veral pa's sal hierdie een geniet. 

Deur Rachel Bright, Lapa-uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Aspris-krokkedis

Kleiner boeties of sussies kan tog nooit die oueres uitlos nie en dit kan die ouer kinds soms grensloos irriteer. Hierdie boek gaan presies oor die dinamika van hierdie verhoudings en gee 'n mens insette oor hoe dit voel om die ouer kind te wees. Maar daar is 'n verskil- die klein kalant is 'n monster...Hierdie is 'n snaakse rymstorie en kinders wat self begin lees sal dit veral geniet. 

Deur Theresa van Baalen, illustrasies deur Joan Rankin. 

Lapa-uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Los ons uit!

Die Babalela en sy maats is in die moeilikheid, want op 'n dag kom daar 'n klomp mense by die bos aan met vangnette en toue om hulle te vang. En Meermoskat, Knortand, Potifant, Wrrrumpie en die Fripperwakkies is baie bang tot die Babalela 'n plan beraam. Want hy gaan beslis nie toelaat dat enigiemand hulle weer in bokse sit nie.

Deur Martie Preller, illustrasies deur Andries en Erica Maritz.

Lapa-uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Die verdere avonture van Wilde Willemientjie

Wilde Willemientjie is 'n dapper meisie met 'n heerlike verbeelding wat 'n vet olifantjie red, 'n maanmonster vermorsel en sommer vinnig klaarspeel met 'n seerower. 'n Lekker boek om jou kind se kreatiwiteit te ontgin. 

Deur Riana Scheepers, illustrasies deur Vian Oelofsen.

Tafelberg-uitgewers.

Klik hier om te koop. 

My bure

Marie-Louise het eksotiese bure: daar's 'n kameelperd wie se rug sy as glyplank inspan, 'n gawe krokodil wat tawwe bottels moeiteloos met sy tande kan oopmaak en 'n olifant met 'n talent vir luister. Die boek is geskik vir kinders vanaf 4 jaar. 

Deur Guido van Genechten en Sylvie Park.

Human & Rousseau uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Reënboogfeetjie se spesiale dag

Wat doen jy as almal jou verjaardag vergeet? Dis die penarie waarin Reënboogfeetjie haar bevind. 

Deur Annelize Bester. Geïllustreer deur Johann Strauss.

Fantasi Boeke.

Klik hier om te koop. 

Feliks Vos reis deur Storieland 2

Die kleinspan sal op 'n heerlike avontuur met Feliks Vos gaan terwyl hu probeer om die skat aan die einde van die reënboog te vind. In sy soektog ontmoet hy boonop vir Peter Pan. 

Deur Talita van Graan. Illustrasies deur Johann Strauss.

Fantasi Boeke.

Klik hier om te koop. 

Waar's Otto?

Die boek verkyn in 'n slinternuwe baadie met 'n blou foelie-omslag en bosseleerwerk. Die verhaal en illustrasies is nog net so betowerend soos toe die boek die eerste keer in 1980 verskyn het. Jou peuter sal gek daaroor wees (dalk soos jy destyds) om na Otto te soek terwyl julle lees. Dis geskik vir kinders van een jaar en ouer. Waar's Otto? deur Eric Hill wat ook die illustreerder is.

Human & Rousseau-uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Thandiwe besluit

Thandiwe het 'n yslike probleem. Haar kat het 10 kleintjies gehad en sy mag net een hou. Kyk saam na elke katjie en help besluit watter een die beste pas by ouma en oupa, 'n maat, die onderwyser en die buurman- en leer sommer ook oor kleure en om te tel. 

Deur Mari Grobler. Geïllustreer deur Elizabeth Pulles.

Tafelberg-uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Drie Hoera's vir Denver!

Hierdie boek handel oor molestering en is 'n goeie hulpmiddel vir ouers wat hul kind deur so iets moet help. Die verhaal werk deur die hele proses van hartseer, skaamte, erkenning en genesing. Agter in die boek is die riglyne en hulpnommers vir ouers en onderwysers. 

Deur Wendy Martens met illustrasies deur Alida Bothma.

Lapa-uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Prinses Mossienes

Dina se ouers skei en sy word Prinses Mossienes om die realiteit te ontvlug. Die boek bevat praktiese wenke vir kinders en ouers om die trauma van 'n egskeiding te hanteer. 

Deur Wendy Maartens. Geïllustreer deur Alida Bothma.

Lapa-uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Rondomtalie

Sewentien Afrikaanse kunstenaars, ondermeer Jak de Priester, Lize Beekman en Zanne Stapelberg het saamgesnoer om 'n bundel stories vir die jongspan te maak. Lekker stories vir voorlees en selflees vir ouer kinders. Rondomtalie- Stories deur Afrikaanse Kunstenaars is saamgestel deur Marinda Engelbrecht met illustrasies deur Rosalind Stockall. 

Human & Rousseau uitgewers.

Klik hier om te koop. 

My sussie is 'n alien

Abrie word 'n ouboet en hy vermoed uit die staanspoor dat sy kleinsus 'n "alien" is, want sy lyk, klink en ruik beslis so. Dis veral 'n lekker boekie vir peuters met 'n nuwe baba in die gesin. 

Teks en illustrasies deur Rachel Bright.

Human & Rousseau uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Wolfgang Amadeus Muis

Hierdie is die verhaal van 'n haarlose klein babamuis met die naam Wolfgang Amadeus. Een aand beland oupa se stel valstande tussen die muise en Wolfgang Amadeus ontdek sy talente in die lewe. 

Deur Philip de Vos met illustrasies deur Cora Coetzee.

Tafelberg-uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Klein Konyn

Klein Konyn loop 'n verdwaalde konyntjie, Loodjie, in die bos raak en sommer gou word hulle grrot maats. Maar eendag verdwyn Loodjie spoorloos. Gaan Klein Konyn hom kan vind? 'n Groot Vriend vir Klein Konyn met teks en illustrasies deur Heidi D'hamers.

Fantasi-uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Klik hier om te koop. 

Otto se verjaardagballon

Otto se ouma verjaar en hy besluit om vir haar 'n baie spesiale ballon te gee. Maar op pad na ouma toe waai die wind die verjaardagballon weg! Vou die uivoubladsye oop om uit te vind wat gebeur verder.

Deur Eric Hill.

Humna & Rousseau uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Vergeet My Nie

Die klein olifant, Vergeet-My-Nie, wil maatjies maak en dink niemand stel in hom belang nie. Sy ma leer hom egter dat vriendskappe nie sommer oornag gesmee word nie. Die boek is geskik vir kleuters vanaf 3 jaar. 

Deur Michael Broad. Human & Rousseau uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Madelief Moenie!

Madelief is 'n rooikop-prinses wat in die moeilikheid is. Die paleispersoneel het genoeg gehad van al haar streke en gaan kla by die koning. Jy sal dit net soveel geniet om die boek voor te lees as wat jou eie klein prinsesessie sal dit geniet om die storie te hoor.

Deur Jaco Jacobs met illustrasies deur Sebastien Quevauvilliers.

Klik hier om te koop.  

Bybel-badboekies

Almal hou van lees in die bad en jou peuter sal dit dus ook geniet met hierdie sagte plastiekBybel-badboekies, Die verlore skapie en Noag se ark. Die boekies vertel elk 'n geliefde Bybelverhaal wat jou kind kan geniet terwyl daar in die water baljaar word. 

Klik hier om te koop. 

Klik hier om te koop. 

Karla krullebol

Karla Kriel hou glad nie van hare was nie. Karla vermy ook 'n kam soos die pes en omdat haar ma moeg gepraat is, besluit sy Karla hoef nooit weer hare te was of kam nie. Karla is bly- tot 'n vreemde, klein pienk mannetjie in haar krullebol kom nesskop. Dis ideale leesstof vir kleuters wat water-sku is. 

Deur Theresa van Baalen en illustrasies deur Chris Venter.

Lapa-uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Prinses Talia en die Draak

Prinses Talia word skielik baie gewild onder haar ballemaatjies wanneer sy haar pa se koninkryk van 'n kwaai draak red. Jou vernuftige lesertjie sal die prettige Prinses Talia en die Draak baie geniet. 

Human & Rousseau.

Klik hier om dit te koop.  

Bella blaas borrels

Bella blaas borrels het pragtige illustrasies wat bydra tot hierdie oulike verhaaltjie. Bella blaas eers een borrel, dan nog een en nóg een. Hierdie magiese borrels word rondgewaai om 'n verskil aan 'n klompie mense se lewe te maak. 

Lapa Uitgewers.

Klik hier om te koop.

Die groot storieverteller diereboek

Die groot storieverteller diereboek het 'n verskeidenheid ou en nuwe dierestories wat jou slaapkous vinnig droomland toe sal stuur. Oud en jonk sal hierdie versameling van 40 verhale geniet. 

Human & Rousseau.

Klik hier om te koop. 

Leer skryf: Eerste Woorde

Leer jou kind skryf en teken met aktiwiteitsboekies wat skoongevee kan word as jou leerlustige kleuter klaar geoefen het. Leer skryf: Eerste Woorde is oulike boekies om jou driejarige se skryfvaardigheid 'n hupstoot te gee. 

Priddy Books. 

Klik hier om te koop. 

Plons!

Plons! met sy oulike geel eendjies inspireer jou kleuter om sommer tjoef-tjaf van een tot 10 te tel. Die boekie se illustrasies is propvol humor, terwyl die slim rymvertelling eindelose plesier verskaf. 

Human & Rosseau.

Klik hier om te koop. 

Prinses Pêrel

Wanneer Pêrel na die bodem van die see duik, verander sy in 'n pragtige seeprinses. Prinses Pêrel is ;n avontuurverhaal wat deur Jaco Jacobs vertaal is en het pragtige illustrasies in volle kleur. Jou prinses sal beslis gek wees oor dién storie!

Lapa Uitgewers.

Klik hier om dit te koop. 

Storieman

Storieman is a versameling verhale wat ons almal ken. Hierdie boek sluit ook twee oudio-CD's in sodat jou kroos die stories in die motor kan luister, of dit nou die tydlose Drie varkies is of die storie van die Suid-Afrikaanse held Wolraad Woltemade. Daar's iets vir elke lid van die gesin. Dié omnibus is geskik vir kinders van drie en ouer. 

Human & Rousseau.

Klik hier om te koop. 

Huberta se swerftog

Huberta se swerftog is 'n verkorte weergawe van die bekende ware verhaal van 'n seekoei wat die lang tog vanaf St. Lucia na Oos-Londen aanpak. Huberta het amper drie jaar lank na haar bestemming gestap en is kort daarna deur boere op 'n plaas doodgeskiet. 

Tafelberg. 

Klik hier om te koop. 

Donkerwoud

Donkerwoud is a spannende verhaal deur Francois Bloemhof wat jou kleinding op die punt van sy stoel sal laat sit. Twee boeties, 'n tweeling, kuier by hul tante se ou huis in 'n donker woud. Vreemde dinge gebeur met Tiaan en Rolf terwyl hulle die geheime in die huis ontrafel. 

Human & Rosseau.

Klik hier om te koop. 

Ben en die walvisse

Dié pragtige verhaal is geskryf deur Ingrid Mennen en Irene Berg se betowerende illustrasies sal jou ywerige lesertjie se hart steel. Ben se oupa is oorlede en om Ben te troos neem sy pa hom op 'n ou voetpaadjie en vertel hom van walvisse se tog na die Antarktiese see. Hierdie boekie help jou kind om verlies te verwerk. 

Tafelberg.

Klik hier om te koop.  

Dirk slaap oor

Dirk pak 'n tas om by sy maatjie Konyn te gaan slaap. Op pad soontoe ontmoet Dirk 'n trop skaapmaats en neem hulle saam na Konyn se huis. Gaan almal in Konyn se huisie inpas? Hierdie oulike verhaaltjie deur David Melling is vir drie- tot sesjariges.

Human & Rosseau. 

Klik hier om te koop. 

Cowboys kan ook jammer sê

Cowboys kan ook jammer sê is propvol pret. Die storie rym en leer seuntjies wat goeie maniere is. Die Goeie Maniere-reeks is nommerpas vir leergierige driejariges.

Lapa uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees