Afrikaanse boeke oor ouerskap

akkreditasie
Uitstekende ouerskapboeke wat jou deur die swangerskap-, baba- en ouerkindfases sal neem!

Dokter in die huis

Die nuutste bygewerkte uitgawe van die klassieke A-Z-gesins-gesondheidsgids Dokter in die huis, is nou op die rak. Dit sluit die nuutste mediese navorsing in en is spesifiek op Suid-Afrikaanse gesinne gerig sodat jy jou gesin se gesondheid kan verstaan en ingeligte besluite kan maak.

Klik hier om te koop.   

Hoe gemaak met my dikmond kind? en nog 99 vrae wat ouers pla

Hoe gemaak met my dikmond kind? en 99 vrae wat ouers pla is deur Suzette Truter geskryf en gee wenke bir die grootmaak van ses- tot 12-jariges te midde van uitdagings van die moderne lewe.

Kik hier om te koop.

Eating for Two

Dié belangrike boek deur Annabel Karmel bied 'n volledige gids vir gesond eet gedurende jou swangerskap en ook daarna. Eating for Two wys jou hoe om gesonde en heerlike etes aan mekaar te slaan.

Klik hier om te koop.

Die Grootste Geskenk

Die Grootste Geskenk deur Terri Lailvaux is 'n verhaal oor aanneming wat jy vir jou kind kan voorlees. Dié boek verduidelik aanneming op 'n eenvoudige manier aan jou kind. 

Klik hier om te koop.

The Contented Mother's Guide

The Contented Mother's Guide deur die bekende (en omstrede!) Britse ouerskapskrywer Gina Ford is gepak met raad oor alles van hoe om jou lyf en sekslewe ná jou baba se geboorte terug te kry tot hoe om skuldgevoelens te hanteer as jy terruggaan werk toe. Die boek maak seker dat jy nie jou eie behoeftes afskeep nie sodat jy net so gelukkig soos jou baba is.

Klik hier om te koop.

Kweek kinders met karakter

Hettie Brittz, spraakterapeut en stigter van opheffingsprojekte vir kinders, help ouers in Kweek Kinders met Karakter van Carpe Diem-uitgewers om die ontnugtering van ouer-wees te oorleef en steeds die beste ouers moontlik te wees. Die boek, spesiaal hersien vir besige ma's beklemtooon die belang daarvan om jou kind se temperament te verstaan en hom of haar dienooreenkomstig na grootword te lei. 'n Insiggewende, maklik toeganklike boek wat motiveer. 

Klik hier om te koop. 

Twins

'n Tweeling is dubbel die seën en ongetwyfeld dubbel die werk. Twins gee praktiese raad oor die spesiale swangerskap en jou pasgeborenes se eerste jaar: wat is anders as 'n "gewone" swangerskap; wat moet jy koop; hoe moet jy jou hospitaalsak pak? ...alles om die verwagtende ma gerus te stel. Die boek is geskryf deur 'n ma van 'n tweeling met die hulp van 'n mediese dokter.

Klik hier om te koop.

Jou nuwe baba

Die soms duistere redes vir baba se onophoudelike tranedal- 'n pasgeborene huil enigiets van een tot vier ure daagliks- dryf die meeste ouers self tot trane. Hoekom presies huil Boetie nou? Is hy honger? Wil hy slaap? Kramp sy magie? Megan Faure, 'n dosent by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Sensoriese Integrasie (SAISI) gee in Jou Nuwe Baba raad oor hoe om sy liggaamstaal en seine te verstaan.

Klik hier om te koop.

Baby MEDBASICS

Baby MEDBASICS is 'n vinnige en praktiese noodhulpgids vir babas met ongevalle van 0 tot 'n jaar. Die boekie dek allergieë, byte en steke, bloeding, verbranding, verstikking, val, koors, gif, uitslag en hoe om kunsmatige asemhaling toe te pas. Dis eenvoudig uiteengesit en onontbeerlik in jou noodhulpkissie.

Klik hier om te koop.

idees Resepte vir die hele jaar

Met hierdie kookboek verdwyn die laaste verskoning wat jy kan hê om vaal en vervelige etes voor te sit weens 'n gebrek aan tyd. Daar is 365 resepte, een vir elke dag van die jaar. En hoewel dit goumaakkos is, is dit beslis nie afskeepkos nie. Hoe klink volstruisbobotie, pikante hoenderlewers of soetpatats en pampoensop? Perfek vir bedrywige huisvroue.

Klik hier om te koop.

Favourite Recipes for your Baby & Toddler

Annabel Karmel se Favourite recipes for your baby & toddler is 'n volledige voedselbeplanner vir onder-dries. Die gids help jou om in 'n kits kos vir jong kinders te berei- van eerste vaste kos tot vingerkos en daarna gesinsetes. Daar's 80 resepte wat selfs etertjies met fiemies sal laat smul. 

Klik hier om te koop. 

Partytjies is pret 3

Partytjies is pret 3 deur Arina du Plessis en Bernice van der Merwe bied weer eens verbeeldingryke idee vir koeke met stap-vir-stap-instruksies en bypassende soet en sout eetgoed. Dis 'n praktiese gids vir ouers met min tyd en 'n beperkte begroting, wat steeds 'n partytjie wil aanbied wat hulle kinders vir 'n lang tyd sal onthou.

Klik hier om te koop. 

Omvattende Gids vir Gesinsgesondheid

Die Omvattende Gids vir Gesinsgesondheid deur Dr. Linda Friedland is op SA gesinne gemik. Dis volledig en gebruiksvriendelik. Elke lid van die gesin kry 'n behandelingsbeurt in hoofstukke wat wissel van siektevoorkoming tot kinder-en vrouegesondheid.

Klik hier om te koop. 

tuis Kos uit die tuin

Hierdie boek bevat 'n versameling van sowat 100 resepte met groente of vrugte as hoofbestanddele. Jy word ook gewys hoe om 'n lappie grond voor te berei sodat jy die groente en vrugte in jou eie agterplaas kan plant.

Deur Sonja Jordt, Tafelberg Uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Princess party cookbook

Met sowat 75 resepte asook idees vir partytjies met oulike temas en wenke vir hoe om die prefekte uitnodigingskaartjies, juwele en geskenke te maak, is Annabel Karmel se Princess Party cookbook ideaal vir jou en jou aspirant-prinses.

Klik hier om te koop. 

Koester jou Baba

Hierdie toeganklike bababoek is pas bygewerk met die nuutste navorsing. Daar's splinternuwe dele wat ondermeer kyk na hoe verskillende babas sensoriese insette verskillend hanteer; hoe jy jou baba kan help om in die "kalm-ontvanklike" staat te bly (optimaal vir leer); en die verhouding tussen moegheid en huil. Daar's meer oor borsvoeding en koliek, met stap vir stap planne om dit te hanteer.

Die nuwe inhoud help jou om sinvol te reageer op jou baba se sensoriese behoeftes, en bly jou sleutel tot 'n kalm-tevrede, koliekvrye baba, goeie slaapgewoontes en rustige nagte, asook jou baba se optimale ontwikkeling en positiewe vroeë ervarings. 

Die boek bevat ook 'n maseerafdeling wat op nuwe teorieë oor die verskillende masseertegnieke gebaseer is. Nageboortelike depressie en perinatale nood word ook verduidelik. 

Deur Ann Richardson en Megan Faure.

Klik hier om te koop. 

aanpasbare GRENSE

Anne Cawood se boek Aanpasbare grense- Help kinders en tieners om skeiding en egskeiding te verwerk, word uitgegee deur Metz Press.

Klik hier om te koop. 

Top 100 Pasta Dishes

Pasta bly gewild omdat selfs die puntenerigste peuters dit graag eet. Met die boek sal jy pasta soos 'n ware Italiaanse mama maak, met 100 noedeldisse wat die kleingoed sal wil opslurp!

Deur Annabel Karmel. 

Klik hier om te koop. 

Sinvolle voeding 

Voeding bring sy eie uitdagings vir 'n ma. Uitdagings strek van gesonde dieet tydens swangerskap, borsvoeding, kieskeurige peuters, allergie-vatbaarheid tot die bekendstelling van vaste kos. Hulp is byderhand in Sinvolle Voeding, die nuutste toevoeging tot die Baby Sense reeks boeke uitgegee deur Metz Press (vooraanstaande uitgewer van kindersorg-boeke). 

Klik hier om te koop. 

Your Baby's First Year week by week

Your Baby's First Year week by week gee antwoorde op die mees tipiese vrae wat in die eerste jaar van jou baba se lewe mag opduik.

PGW uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Top Tips for fussy eaters

Voorkom fiemies op die Ford-manier. 'n Paar wenke om jou te help om jou kleintjie te laat eet.

Deur Gina Ford. Random House Struik.

Klik hier om te koop. 

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees