Afrikaanse opvoedkundige boeke

akkreditasie
Hierdie wonderlike boeke sal jou kind bekenstel aan die ABC's en 123's in 'n japtrap.

Die Suid-Afrikaanse alfabet

Die Suid-Afrikaanse Alfabet is geskryf deur Alex Latimer en laat jou opnuut weer die wonderlike dinge eg aan Suid-Afrika raaksien. Elke letter word verbind met iets wat jy net in ons land sal vind. 

Klik hier om te koop. 

Die teddies se groot avontuur

Met Brenda Apsley se proppiereeks kan kinders karaktertjies in die storie prop of uithaal sodat hulle interaktief aan die vertelproses kan deelneem. Dit help klein vingertjies me koödinasie en vuur verbeelding aan. Wie kom kuier by apies? en Die teddies se groot avontuur het elkeen vier apies en beertjies met sagte vlokwol wat deel van jou kleuter se storie kan uitmaak.

Klik hier om te koop.

Diereplesiere

Die kartoenboekies Dierefamilies en Diereplesiere van NB-uitgewers met hul prentjiedraaiwiele en flappe wat oplig, leer jou kind watter ouers, wie's boetie en sussie, wat 'n mens 'n baba-koei noem, en sommer ook watter diere kolle en watter strepe het. Geskik vir kinders van 2 tot 5 jaar oud.

Klik hier om te koop.

Diere-verskille

"Die grootste jellievis se tentakels is meer as 30 meter lank. Die slagtande van 'n walrus kan tot 1 meter lank wees." In Diere-verskille van NB-uitgewers word die grootste, slimste, vinnigste en domste kreature in die diereryk vergelyk om kinders tonne fassinerende feite oor diere van regoor die wêreld te leer. Die boek het pragtige aksiefoto's en wenke vir ouers oor leersame aktiwiteite.

Klik hier om te koop.

My lig-die-flappie telboek

My lig-die-flappie telboek en  My lig-die-flappie woordeboek van NB-uitgewers is ideaal vir jong kinders (3-6 jaar) en beginnerlesers. Kinders kan speel-speel tel- en syfervaardighede leer en hul woordeskat ontwikkel. Op elke bladsy word 'n aantal voorwerpe aangedui wat agter flappies gesoek kan word sodat hulle herkenningsvermoë en pasvaardighede ook ontwikkel.

Klik hier om te koop.

Watter dier is dié?

Vir 'n kleuter is daar niks so lekker soos 'n boek wat "leef" nie. In Watter dier is die? kan julle Baba Beer help om diere in die oerwoud se regte name te raai. Die illustrasies links gee leidrade en die antwoord is regs weggesteek onder 'n flappie wat oplig. Geskik vir 3-jariges en ouer. 'n Lekker raai-raai speletjie wat julle saam kan geniet.

Klik hier im te koop. 

Die Smurfies: Waar is Babasmurf?

Dié soekboek sal jou kleinding hope pret verskaf. Op elke bladsy- wat van die helderblou fantasiewesens wemel- kruip Babasmurf iewers weg. Terwyl jy hom soek moet jy sommer 'n spul ander maatjies en speelgoed uitsmurf. Fynkam saam met jou kind elke bladsy en leer haar speel-speel om na klein besonderhede op te let en met wakker oegies te kyk. 

Klik hier om te koop.

Teken jou eie diere

Die boek deur die illustreerder Michael Garton is 'n wenner as dit by waarde vir geld kom. Dit bevat 160 bladsye propvol wenke oor hoe om nuwe tekenvaardighede stap vir stap aan te leer en jou eie diertonele te skep en in te kleur. Dit is 'n uitstekende manier om kreatiwiteit aan te moedig en 'n bondgenoot teen verveling.

Klik hier om te koop.

Die Smurfies bababoek: 'n lekker dag

Dis nou oulike leerboekies. Teddie is weg! leer baba meer oor voorsetsels, terwyl 'n Lekker dag hom aan die verskillende tye van die dag bekdstel en wat 'n baba gedurende hierdie tye doen. Jou baba sal met die boekies kan identifiseer en die prentjies geniet.

Klik hier om te koop.

Die Drake-kreatiwiteitsboek

Die beste pretboeke vir ware, brawe drakevegters en regte egte feëprinsesse is pas deur Human & Rousseau bekendgestel. Die Prinsesse-kreatiwiteitsboek en Die Drake-kreatiwiteitsboek het plakkers, oopvoutonele, stensils en patroonpapier. Plak, teken, kleur in, bou 'n kartondraak of speel met 'n papierpop. Uitstekende vakansie-afleiding en waarde van geld.

Klik hier om te koop.

Leer ken Sneeuwitjie en bou die Sewe Dwergies se huisie!

Human & Rousseau se Leer ken- aktiwiteitsboekreeks vir kleuters bevat speletjies, handwerk, inkleurprentjies en plakkers. Leer ken Sneeuwitjie en bou die Sewe Dwergies se huisie of Leer ken Aspoestertjie en bou die prins se kasteel. Ten laaste kan jy ook Peter Pan ontmoet en Kaptein Hook se skip bou. Dis perfek vir reënerige vakansiedae.

Klik hier om te koop. 

Die ruspe wat so honger was

Die ruspe wat so honger was bekoor kindertjies al sedert 1969 en daar's 'n rede vir hierdie oulike boek se klassieke status. Dis al in meer as 45 tale vertaal en met die helder illustrasies deur die skrywer Eric Carle, kan kleuters van drie en ouer maklik leer tel, kossoorte benoem en sien hoe ruspe 'n skoenlapper word.

Klik hier om te koop.

Kom ons soek Sjalala

Kom ons soek Sjalala, met rymvertaling deur Philip de Vos, herinner aan die gewilde Waar's Wallr-reeks, maar is gemik op 'n jonger leser. Die helder illustrasies moedig jou kleuter aan om vir Sjalaladie bangbroekslang tussen al die kleure en vorms te vind. Uitstekend vir regterbreinontwikkeling.

Klik hier om te koop.

Doer in die oerwoud

Doer in die oerwoud is 'n interaktiewe kartonboek met 'n draaiwiel en loergaatjies vir 2 tot 5-jariges, wat leet om van 1 tot 3 te tel. Deir Jo-Anne Shilliam, vertaal deur Kobus Geldenhuys.

Klik hier om te koop.

Leah se meermin

Leah se meermin deur skrywer Nannette van Rooyen en illustreerder Magdel van Zyl is een van die mooiste Afrikaanse boeke vir kleuters. Dis pragtig kreatief geïllustreer en die storie is verbeeldingryk en leersaam, met interessante feite wat nuuskurige kleuters sal prikkel om meer van die see te leer. 

Klik hier om te koop. 

Wat doen 'n beer?

Wat doen 'n beer? Hy beleef al die emosies en dagaktiwiteite wat jou driejarige beleef en ná 'n lang en besige dag word hy vaak en krul op om te slaap. 'n Eenvoudige slaaptydstorie waarmee jou peuter sal identifiseer.

Klik hier om te koop. 

Lief vir leer: Eerste woorde

Lief vir leer:Eerste woorde help jou vier- tot sewejarige om te leer lees. Met wenke vir ouers en interaktiewe draaiwiele, speelteëls en uittrekbladsye sal die storie van Tillie die beertjie jou kleuter gou-gou aan die lees kry.

Klik hier om te koop. 

Lees en Leer: DIERE 

Human & Rousseau se lees en leer-kartonboekies, met hulle duidelike en eenvoudige woorde en prente, help peutertjies om hulle woordeskat uit te brei en die uitspraak van woorde te oefen, maar kan ook deur ouer kleuters gebruik word wat wil begin lees.

Klik hier om te koop. 

Dinosourusse

Met hierdie skoonvee-pretboek, kan jou klein dinosourus-geesdriftig ophou om jou kunstalente tot op die uiterste te strek, en self leer hoe om sy gunstelingreuse-reptiel te teken. As hy nie met sy poging tervrede is nie, vee hy dit net skoon en begin weer. 

Ouderdom: 3-10 jaar.

Deur Brenda Apsley en Jo-Anne Shilliam.

Human & Rousseau-uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Kleure

Twee- tot vier-jariges behoort die meeste waarde uit die kartonboekies Syfers en Kleure te put, maar jou eenjarige sal reeds van die helder bladsye en flappies hou, waaronder 'n klomp verrassings skuil. Deur Brenda Apsley en Jeanette O'Toole, uitgegee deur Human & Rousseau.

Klik hier om te koop. 

Maak gereed vir skool

Die aktiwiteite in hierdie titel is ontwerp om wiskunde maklik en prettig oor te dra en is die ideale voorbereiding vir skool. Gebruik die spesiale skoonvee-pen wat ingesluit is om die wiskunde oor en oor te oefen- vee net met 'n lap skoon! Ander boeke wat reeds in die reeks verskyn het is Maak gereed vir skool: Hoe laat is dit? Maak gereed vir skool: deur Priddy Books.

Pan Macmillan.

Klik hier om te koop. 

Groot en Besige Diere

Wat 'n prettige manier om dierefeite te leer! Elke blad het mooi, realistiese prentjies met flappe en kleure as fokuspunte. In die binnekant van die boek is 'n wiel wat die kind draai om te sien hoe goed sekere diere hulself kan kamoefleer en 'n paar interessante feite verskyn ook in die loergaatjie. Groot en Besige Diere is ideaal om jou kind te help met skoolprojekte want dit moedig leesvaardighede aan, leer jou kind meer oor die wêreld en laat jou kind toe om terselfdetyd haar verbeelding vrye teuels te gee. Dis geskik vir kinders vanaf vyf jaar.

Deur Priddy Books. Pan Macmillan Uitgewers.

Klik hier om te koop.

My first book of Southern African Birds

Wat 'n oulike boek! Die volkleur-illustrasies word vergesel deur kort beskrywings in vier tale, en daar is inligting soos die voëls se dieet, nes en hul groottes. Nie net leer jou kind oor die natuur nie, maar ook ander tale in die proses. En tale is so belangrik deesdae. 

Deur Errol Cuthbert.

Klik hier om te koop. 

My first book of Southern African Wildlife

Die boek is propvol interessante inligting oor die wilde diere van Suider-Afrika. Dis ingedeel in drie afdelings: soogdiere, voëls en reptiele. Die illustrasies is in volle kleur en elke spesie word in Afrikaans, Engels, Xhosa en Zoeloe beskryf. Dis die ideale boek vir meertalige kinders of kinders wat ander tale wil leer. My Eerste Boek van Suider-Afrikaanse Natuurlewe deur Erol Cuthbert. Illustrasies deur Jennifer Schaum.

Random House Struik-uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Skoolgereed

Hierdie boekies wemel van meer as 400 aktiwiteite en oefeninge wat kleuters sfryf-, lees-, handkoördinasie- en telvaardighede leer, asook alles wat hulle van vorms, kleure, syfers, letters en diere moet weet om die grootskool met sukses te kan aanpak. Skoolgereed 1 en Skoolgereed 2 deur Cécile Marbehant. Illustrasies deur Christian Ortega.

Human & Rousseau-uitgewers.

Klik hier om te koop.

Klik hier om te koop. 

Afrika-diere Rympies en Resepte

Het jy geweet dat 'n renoster se sig so swak is dat hy maar min om hom kan sien? Maar as hy jou ruik, sal sy ore draai om jou eers mooi te kan hoor en dan moet jy oppas, want met sy neushoring sal hy jou kan seermaak! Jy sal sulke interessante feite in die boek met lekker rympies leer. Elke dierefeit het ook 'n heerlike, maklike resep daarby. Die skrywer van die boek is voormalige televisieaanbieder, Tracy Going. 

Deur Tracy Going met illustrasies deur Kym Surmon. 

Penguin Books.

Klik hier om te koop. 

Syfers

Die boekie Syfers kan help dat jou peuter leer tel, syfers herken en leer hoe om die syfers se name uit te spreek.

Human & Rousseau uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Kuns vir Kinders

'n Stimulerende inleiding tot die kunswêreld oor die eeue heen. Lapa-uitgewers.

Klik hier om te koop.

Skitter-prinsesse

Aktiwiteitsboek. Bevat ook tatoes met blinkertjies. Human & Rousseau uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Hoe cool is dit?

Hoe cool is dit? bevat verskeie wetenskaplike idees en ontdekkings waaroor jou slimkop mal sal wees. Dit ondersoek van natuurlike verskynsels tot robotspeelgoed. Die boekie is spesiaal vir nuuskierige kinders wat elke dag iets nuuts wil leer.

Lapa uitgewers.

Klik hier om dit te koop. 

Blokraaisels vir aapsterte

Hierdie oulike blokraaiselsboek sal jou skoolbeginnertjie ure lank besig hou. Dit bevat 50 blokraaie wat jou kind aanmoedig om haar spelvaardighede te slyp. 

Tafelberg.

Klik hier om te koop. 

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees