Baba in die bed

akkreditasie
Die baba in die bed koek is perfek as jou dogter daarvan hou om pop te speel. 

Jy het nodig:

  • 1 plaatkoek (Klik hier vir die resep)
  • botterversiersel
  • uitrolversiersel
  • CMC-poeier
  • aanverf-kleursel (by bakwinkels te koop)
  • kant
  • 'n pop wat op die bed sal pas

Stap #1

Sny die blok uit die middel van 'n plaatkoek. Verwyder die blok en sny dit horisontaal in die helfte. Plaas die een helfte terug in die koek - dis die matras. Sny die oorblywende stukkie in die lengte in die helfte - dis die pop se kussing. Plaas dit skuins teen die "basis" van jou bed. 

Stap #2

Versier die bed met 'n versiersel in 'n kleur wat by die kombers sal pas. Smeer ook 'n dun lagie versiersel oor die binnekant van die koek en die dele wat jy nie sal kan sien nie as afronding. 

Stap #3

Plaas die pop op die bed. 

Stap #4

Kies uitrolversiersel in 'n kleur van jou keuse of kleur dit self. Voeg CMC-poeier by sodat die kombersie (verkieslik oornag) hard kan word en sodat dit meer soos 'n kombers kan lyk. Rol die versiersel uit en sny 'n groot genoeg stuk wat net oor jou pop se lyfie sal pas. Sodra jy die kombers op het, kan jy ligte patrone daarop verf. Jy kan self ook kant of ander materiaal gebruik as versiering.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees