Beste kinderbybels

akkreditasie
Hier is 'n gids met die nuutste Afrikaanse kinderbybels beskikbaar op die mark.

Die Een Jaar Kinderbybel (Lux Verbi) 

Geskik vir kinders: 4-7 jaar

448 bladsye

Hardeband

Prys: R199,95

Hierdie oulike kinderbybel bied 'n verskillende Bybelstorie vir elke dag van die jaar, met die maklik verstaanbare teks van "Die Bybel vir almal" en pragtige illustrasies.

God se kinders: Verhale uit die Bybel (Lux Verbi)

Vertel deur Aartsbiskop Desmond Tutu 

Vir kinders: 4-10 jaar

128 bladsye

Hardeband

In hierdie spesiale boek vertel aartsbiskop Desmond Tutu meer as 50 van sy gunstelingverhale uit die Ou en die Nuwe Testament. Die lieflike en besielende teks word visueel aangevul deur ’n buitengewone span van party van die voorste illustreerders ter wêreld, wat verseker dat hierdie Storiebybel wêreldwyd sal aanklank vind. Elke storie wys hoe God in en deur die geskiedenis werk en word afgesluit met ’n kort gebed. Sodoende word die boodskap in die kind se eie lewe tuisgebring. 

MY 100 GOUE BYBELVERHALE (Lux Verbi)

Bruce Wilkinson & Ewald van Rensburg, illustrasies deur Angus McBride

Vir kinders: 3-7 jaar

216 bladsye

Hardeband

R117,50 Dit is meer as ’n blote Kinderbybel – elke storie begin met 'n kort gebed wat kinders lei om hul hart vir God oop te maak en op sy liefde te antwoord, en na elke storie is daar 'n praktiese toepassing in die "praathoekie". Aan die einde van die boek is daar 'n inleiding vir ouers en 'n lys van moeilike woorde agterin wat help om die kind in die taal van die Woord in te lyf. Die boek rus jonger kinds toe met basiese Bybelwaarhede en ’n geloofservaring binne die kind se leefwêreld. Koop dit hier.

MY EERSTE BYBELSTORIEBOEK (Lux Verbi)

MICHAEL BERGHOF, illustrasies deur Jacob Kramer

Vir kinders: 4+ jaar

384 bladsye

Hardeband

R182,50 Hierdie pragtige boek stel kinders bekend aan 71 van die mees geliefde Bybelstories. Met teks wat getrou bly aan die oorspronklike teks, maar terselfdertyd maklik leesbaar en verstaanbaar is, is dit die ideale boek om jou kinders van die wonderlike Woord van God te leer. Dit sal ouer en kind bekoor en ’n belangrike deel van die gesin se verkenning van die Woord word. Die blywende indruk wat My eerste Bybelstorieboek op jou kind sal laat, sal hom of haar hul hele lewe lank bybly. Koop dit hier.

BYBELSTORIES VIR KLEUTERS

Vertel deur M Kustra

Vir kinders: 4-8

320 bladsye

Hardeband

R199,95 Bybelstories vir kleuters is geskryf deur ’n span voorskoolse kerkonderrig-kundiges, wat die Bybel laat lewe vir jong kinders. Die belangrikste stories van die Bybel (Ou en Nuwe Testament) word oorvertel op so ’n manier dat jong kinders dit maklik kan verstaan en onthou. Ná elke storie is daar ook ’n Bybelvers wat hulle maklik kan memoriseer. Kleurvolle illustrasies verskyn op elke bladsy. Elke storie sluit ook prettige, maklike aktiwiteite in wat ouer en kind saam kan doen. Die aktiwiteite help die kinders om die stories te onthou en deel van hulle lewe te maak. Koop dit hier.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees