Bewertjie vir baba

akkreditasie
Maak in 'n japtrap 'n bewertjie om in jou baba se kamer te hang. Hier is drie temas om van te kies.

Sirkuslepels

Jy benodig:

  • 5 houtlepels
  • 'n potlood
  • verf in primêre kleure
  • swart viltpen
  • geel tou of dik vislyn

Gaan so te werk:

  1. Teken eers jou narontwerp liggies met potlood.
  2. Onthou om strepies of driehoekies op die steel ook te teken.
  3. Wissel die gesiggies af sodat van die lepels met die steel na bo, en ander met die steel na onder sal hang.
  4. Verf jou ontwerp en rond dit af deur die buitelyne met die viltpen na te trek.
  5. Laat die lepels goed droog word.
  6. Knoop die tou aan die houtlepels vas.
  7. Hang die houtlepels aan 'n stok of draad vanaf die plafon bo die wiegie, of in 'n venster.

Hangende hasies

  • Trek 'n hasiepatroon (te kry by www.yourparenting.co.za) op stewige karton en op materiaal van jou keuse.
  • Plak die materiaal op die karton.
  • Druk 'n gat in die hasie se rug, en druk bypassende lint daardeur.
  • Hang die hasies aan 'n hanger op verskillende hoogtes bo jou baba se doekruiltafel.

Skippies & vissies

Jy benodig:

  • Vilt in blou, rooi en wit
  • Naald en gare
  • Blou pypskoonmakers

Gaan so te werk:

  1. Trek skippen en vissie patrone op die vilt af.
  2. Knip twee van als uit.
  3. Werk die twee lae vir die skippie of vissie aan mekaar vas en los 'n opening om die watte in te stop.
  4. Werd dan toe.
  5. Werk die dele van die skippe aan mekaar vas.
  6. Maak golwe duer die pypskoonmaker te krul.
  7. hang alles op verskillende hoogtes aan 'n draad.
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees