Brandweer partytjie

akkreditasie
Vra seuntjies wat hulle eendag wil wees, en brandweerman is sommer bo-aan die lysie. Maak jou seuntjie en sy maatjies se drome waar met 'n brandweerpartytjie- kompleet met hoede, waterbalonned en waterpistole, en sit kos vir 'n ware vuurvegter voor.

KOEK

  • Die hoogtepunt van hierdie partytjie is die pret rondom die koek.
  • Bou 'n koek met ystervarkies wat 'n gebou verteenwoordig, gee vir elke maatjie 'n waterpistooltjie met sjokolademelk in.
  • Stapel die ystervarkies op mekaar en vul dit met sjokoladeballe en malvalekkers met sjokolade oor.
  • Steek sommer klomp kerse aan bo-op die koek, en moedig die maatjies aan om die 'brand' te blus.
  • Dis 'n heerlike morsige affêre.
  • As julle binne moet wees, sit groot velle papier of plastiek neer.

SPYSKAART

  • Hou gerus by 'n eenvoudige spyskaart met meer sout- as soetgoed.
  • Koop pitabroodjies, sny hulle in die helfte en maak mini-pizza's met tamatiebasis, mozarellakaas en tamatie.
  • Sit ook vars babatamaties, biltongrepies en aartappelskyfiesop die tafel.

Beste raad!

Sit eenvoudige eetgoed voor wat nie ure se voorbereiding vra nie. dan kan jy baie rustiger wees en meer tyd aan die dekor bestee.

  • Maak maklike karamel-en piesang-happies vir die seuns om aan te smul.
  • Koop klaargemaakte deeghouers, skep ' teelepel gekookte kondensmelk (of karamel) in elkeen.
  • Sny een of twee piesangs in wiele en sit bo-op
  • Jy kan ook grondboontjiebotter in plaas van karamel gebruik.

LEKKERGOED

  • Gee vir elke seun 'n emmer met sy naam op, volgepak met lekkernye en dinge wat hulle sal besig hou.
  • Sit ook on opgeblaasde balonne in die emmertjie.

SPELETJIES

  • As almal klaar geëet het, kan julle waterspeletjies speel met die emmers, en waterbomme maak met die balonne.
  • Die kinders kan die waterpistole en emmers as geskenkie hou en huis toe neem.

KLEURSKEMA

  • Span rooi, oranje, grys en swart in om die partytjie meer realisties te maak.
  • Vra gaste om om in die kleurskema aan te trek en maak seker jy het bykomstighede soos brandweerhoede en watergewere vir elkeen byderhand.
  • Jy kan die bykomstighede koop en as geskenke saam huis toe stuur, of dit huur om geld te bespaar.

Partytjie-uitnodigings

Vir die brandweerpartytjie uitnodiging: http://www.yourparenting.co.za/tools/free-downloads/birth-announcements/partytjie-uitnodigings

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees