"Cute as a button" verjaarsdagpartytjie

akkreditasie
Hierdie mamma het dié tema op Pinterest gesien en was dadelik mal daaroor. Ons dink dit is regtig "Cute as a button".

My dogtertjie Elnè se eersteverjaarsdagpartytjie-tema  was "Cute as a Button". Die idee agter die tema was iets wat ek op Pinterest gesien het en was dadelik mal daaroor. Veral terwyl mamma nog 'n sê het. Oor 'n paar kort jaartjies dan sal sy self die tema van haar partytjies kies.

Ek het 99% van alles self gereël, gemaak en gedoen. Alles behalwe die koek en die speelarea vir die kleintjies. Ekt meeste van my idees op die internet gekry en en hier en daar my eie inisiatief gebruik.

Die koek is gedoen deur Must have Cakes.

Die "soft play" speelarea is gedoen deur Rawrsome Party Planners. Ek wou nie net een groot springkasteel gekry het vir al die kleintjies nie, omrede van die grootter kindertjies bietjie rof kan wees en dis tog 'n 1 jarige se partytjie.

Die tafel en stoeltjies is gehuur by Smiths Party Hire.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees