Deftige dekor

akkreditasie
Die dekorkenner Sam Scarborough wys in haar derde dekorboek hoe jy met 'n spesifieke styl, tema en maklike dekoridees jou babakamer in iets spesiaal kan omtower.

Diereplesier

  • 'n Afrika-dieretema is 'n gunsteling vir babakamers.
  • Gebruik dit saam met Shwe-Shwe-materiaal vir 'n kontemporêre safari-gevoel.

Bruin, room en wit skep 'n sagte, sjarmante babakamer.

Speelgoeddiere

..uit hout gekerf pas goed by die tema en kan met 'n glansverf bedek word. Maak net seker die verf is veilig vir kinders.

Shwe-Shwe-materiaal

...is ideaal vir 'n babakamer. Dit kan laag-op-laag gebruik word sonder om oordadig te voel en kan ook gewas word. Gebruik dit vir van die muurplakkers en prente tot die beddegoed, gordyne, kussings en speelgoed.

Die tradisionele Shwe-Shwe-kleure van rooi, blou en bruin kan vir 'n seun of dogter se kamer gebruik word.

Dit werk goed saam met praktiese stowwe soos denim.

  • Ligte met gestuifde, gehekelde katoen-bedekkings hang soos 'n groepering mane bo die babawiegie.
  • Die wiegie lyk onder die stralekrans net soos 'n vöelnessie en 'n sybpkhaar-kombersie maak dit selfs snoesiger.
  • Hiermee saam word 'n oopweef-stoel, wat goed by die wiegie pas, gebruik.

Wees kreatief

Kombineer die Shwe-Shwe met ander, eenvoudiger ontwerpe in effekleurige lap.

Afrika-diere

Kies materiaal met 'n motief in 'n groter skaal of met 'n patroon wat herhaal word.

Meng-en-pas

Hou die res van die kamer hoofsaaklik neutraal met die klem op die bedrukte materiale.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees