Kamer vir hartlam

akkreditasie
Om jou baba se kamer in te rig, is een van die lekkerste dele van swanger wees. Hier kan jy al jou kreatiewe energie laat mal gaan... en jou baba sommer met die intrapslag hartlik verwelkom.

En wie’t gesê pienk en rooi pas nie bymekaar nie?

Wanneer jy jou babakamer beplan, hoef jy jou glad nie laat inperk deur vooropgestelde reëls nie – ’n kinderkamer is juis die perfekte plek waar jy heerlik kan speel en jou kreatiewe energie kan laat vloei.
Omdat pasgebore babas juis helder kleure makliker sien, hoef jy jou nie te laat bind deur net pastelle vir jou babakamer te gebruik nie.

Tema’s werk lekker in baba- en kinderkamers – soos hierdie hartjiekamer vir ’n klein hartlam.
Span sommer die oumas of tantes in om te help om klein hartjies te maak ...

Slim idee

Hier het ons patrone van verskillende materiaal uitgesny, voering aangestryk om dit te versterk en toe met die hand in verskillende borduurstreke vasgewerk aan die beddegoed en gordyn om die wit te breek.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees