Kry jou kinders aan die oefen

akkreditasie
Kry jou hele gesig aan die beweeg met hierdie maklike wenke

Skep geleenthede vir beweging

Verskaf toerusting en 'n omgewing wat aktiewe speel toelaat en aanmoedig. Maar voorsiening vir gestruktureerde sporte asook vrye aktiewe spel.

Beperk skermtyd

Dit sluit iPods, selfone, rekenaars, TV en flieks in. Die American Academy of Paediatrics beveel aan dat, vir optimale gesondheid, kinders onder 2 nie televisie moet kyk nie. Kinders ouer as 2 se TV-tyd moet beperk word tot 1 tot 2 ure of kwaliteit programme 'n dag.

Fokus op pret

Oefening moet nooit gesien word as 'n taak of straf nie. Moenie aankarring oor jou kind se gewigsprobleme nie. Instede daarvan om te sê, "Jy lê nog heeldag rond. Jy moet vir 'n slag gaan oefenening doen. Kyk net hoe vet raak jy," sê eerder, "Kom ons gaan hê bietjie pret. Wil jy 'n bal skop of in die swembad gaan speel?"

Probeer: 

  • Dans op jul gunsteling liedjies
  • Vlieg 'n vlieër
  • Splas rond in modderpoele met wellingtons aan
  • Volg die lyne wat die vloerteëls maak
  • Tel stokkies en blare op
  • Gooi vir die hond 'n bal
  • Hardloop deur die sproeiers
  • Sing en dans met jou baba.

Verseker sukses

As jy sien dat iets te maklik of te moeilik vir jou kind is, pas die oefening of takie aan sodat dit nog steeds 'n uitdaging is maar dat jou kind dit kan regkry. Dit sal jou kind motiveer om aan te hou om aktief te wees.

Verskeidenheid

Die fiksheid driekhoek

Maak seker dat hierdie 3 areas van fiksheid aangespreek word:

  • Uithouvermoë

Die hart moet vinniger klop en jou kind moet harder asem haal. Sulke oefening sluit in fietsry, swem en sokker speel. Gereelde, konsekwente aerobiese oefening maak die hart sterker en verbeter die vervoer van suurstof na die selle.

  • Krag

Sulke oefeninge verlang spierkrag, wat veral deur bewegings teen weerstand verkry word. Gewigte is nie nodig, of aanbeveel, vir jong kinders nie, maar aktiwiteite wat opdraendes, klim en stoei behels sal ewe goed werk.

  • Buigbaarheid

Strek-oefeninge help jou kind om die volle omvang van sy gewrigte te geniet, en dis ook belangrik vir ratsheid. Sulke oefeninge sluit in om van 'n jungle gym of boom te swaai, aksieliedjies te sing, en 'n goeie passiewe strek sessie na baba-massering.

Daaglikse aktiwiteite

Probeer:

  • Gaan stap met die hond.
  • Was die kar.
  • Neem die trappe instede van die hysbak.
  • Kry jou kind betrokke in aktiewe huiswerk, soos om die vloer te vee.

Skeduleer gereelde, aktiewe speeltye

  • Moedig jou kinders se belanstelling in sport aan.
  • Prys hulle pogings tot deelname aan, ongeag wat die uitkoms is.
  • Woon hulle sport oefeninge so dikwels as wat jy kan by, om hulle te wys hoe belangrik en waardevol jy hierdie aktiwiteite ag.

Wees 'n rol-model van 'n aktiewe lewenstyl

  • Vind aktiwiteite wat jy en jou kinders kan deel, soos swaai, swemspeletjies, or trampolien-spring, sodat jul gesin se oefening nie moeite raak nie, maar 'n ware band uit plesier kan word.
  • Beplan gereelde familie-uitstappies, soos staproetes.
  • Raak betrokke in aktiewe stokperdjies wat jou interesseer, of dit nou 'n stappie om die park of 'n driekamp maraton is, sodat jou kind kan sien dat oefening 'n belangrike deel van die grootmens lewenstyl is. Plaas die klem op genotvolle deelname in aktiwiteite soos stap en dans, nie net kompeterende sportsoorte nie.

Lê die fondamente

Om te verseker dat oefening deel van jou kind se langtermyn lewenstyl word, moet jy seker maak dat hy al die basiese oefeninge onder die knie het: balvaardighede, touspring, balanstoertjies en spanspel. Navorsing het getoon dat 'n kind wat nie hierdie basiese vaardighede het nie, sporte sal vermy. Maar wees geduldig: elke kind ontwikkel vaardighede teen verskillende tempos.

Gereelde oefening, tesame met 'n gesonde dieet, sal jou kind se selfvertroue, aktiewe deelname en gesondheid dramaties verbeter!

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees