Kyk... Moemin-boeke!

akkreditasie
Die gewilde Moemin is terug!!

“Ken julle dalk die Moevallei? Weet julle dalk wie daarso bly?

Dit is Moemin, 'n liewe lawwe Moemin. Hy's in sy Moe-huisie, daar is hy, 'n vriend soos min en 'n held daarby. Dit is Moemin, 'n liewe lawwe Moomin.

Moemamma, moepappa, Moemei, Mymy. Boeboe en Snifsnaf en Stinkie daarby! Almal woon saam in die Moevallei saam met Moomin!

Weet julle wat die tyd is hier, vir nader skuif vir 'n avontuur!

Wie laat ons kraai van pure plesier, vir 'n storie van sy nuutste gier?

Dit is Moemin, die liewe lawwe Moomin!”

Moemin is terug in Afrikaans! Joegaai! Sedert die TV-reeks in die 1990’s uitgesaai is, is Moemin ‘n geliefde vriend vir vele en sy avonture het die verbeelding behoorlik aangegryp. En wie kan dan nie die aansteeklike kenwysie saamsing nie?

In 2010 is Tove Jansson se Moemin-karakters 65 jaar oud. Om dit te vier, het Human & Rousseau ‘n splinternuwe reeks van Moemin-stories vir jonger kinders vrygestel, en vir die eerste keer is hierdie klassieke karakters en gewilde verhale ook nou in Afrikaans in boekvorm beskikbaar, veraal deur Kobus Geldenhuys.

Moemin se verjaarsdag

In hierdie kleurvolle prenteboek kan jy sien wat gebeur as dit lyk asof Moemin se vriende sy verjaardag vergeet het. Dis ‘n heerlike bekendstelling tot Moemin se wonderwêreld, sy familie en vriende.

Koop die boek hier teen afslag: www.Kalahari.net/YourParenting

Moemin se somer en son prenteboek

Daar is soveel om te doen in die Moevallei – van swem in die see tot piekniek hou op die strand. Plak die regte plakkers op die leë vorms op elke bladsy en geniet al die somerpret!

Koop die boek hier teen afslag: www.Kalahari.net/YourParenting

Moemin: Lig-die-flappie wegkruipertjie

Dis groot pret om saam met Moemin en die snipperige klein Mymy wegkruipertjie te speel. Lig die flappies en soek Mymy se slim wegruipplek – langs die pad ontmoet jy sommer ook Moemin se familie en vriende: Moemamma, Moepappa, Boeboe, Snifsnaf, Doktor Weet-Als, Moemy en die res!  
‘n Heerlike eerste ontmoeting met die interessante bewoners van die Moevallei.

Koop die boek hier teen afslag: www.Kalahari.net/YourParenting

Ouderdom: 3-8 jaar

Oor die skrywer:

Tove Jansson is gebore in Helsinki, Finland. Die eerste Moemin-boek was ‘n grafiese roman getiteld "The Moomins and the great flood". Die Moemin-verhale verskyn ook in verskillende formate, onder andere kortverhale, prenteboeke en strippe.

Jansson is steeds een van Finland se bekendste en mees gewilde skrywers en die Moemin-handelsmerk is Finland se belangrikste uitvoerproduk! Daar bestaan selfs ’n museum vir die karakters in Tampere en ’n Moemin-pretpark, Moomin World, in Naantali. Die Moemin-verhale is reeds in 34 tale vertaal en verwerk vir TV, radio, film en selfs opera.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees