Laat die muise baljaar

akkreditasie
'n Muispartytjie met geel en rooi versierings sal die kleingoed lekker laat giggel. Dié artikel is 'n uitreksel uit Partytjies is Pret 4 vir Seuns en Meisies.

Kaas-en-muiskoek

  • 2 ronde sponskoeke van 20cm 
  • 500ml (2 k) geel botterversiersel 
  • 500ml (2 k) rooi glansversiersel
  • 125ml (½ k) liggrys botterversiersel 
  • 125ml (½ k) fyn klapper 
  • 1 reep skoenveterdrop
  • silver koekversier-balletjies 
  • 3-5 geel Smarties 
  • 45ml (3 e) swart botterversiersel 
  • 3-5 sjokoladebedekte malvalekker-paaseiers
  • karton 
  • spelde 

#1

Trek 'n koekbord met papier en plastiek oor. Plak die twee koeke bo-op mekaar met van die geel botterversiersel. Sny 'n groot wig uit die koek. 

#2

Smeer die hele koek met geel botterversiersel toe, ook die binnekant waar die wig uitgesny is. Druk die mes af en toe in kookwater om die versiersel glad aan te smeer. 

#3

Vou ’n stuk karton om presies in die uitgesnyde deelvan die koek te pas en steek dit met spelde vas. Skep die rooiglansversiersel versigtig en egalig oor die bokant en die kantevan die koek. Druk die karton stewig teen die koek vas om tevoorkom dat die rooi versiersel by die uitgesnyde deel inloop.Laat die versiersel stol en maak dan die koekbord skoon.

Maak die muise 

Smeer die paaseiers met liggrys botterversiersel toe en roldit in klapper. Sny ore uit skoenveterdrop en plak dit metgrys versiersel voor op die paaseiers vas. Gebruik silwerkoekversier-balletjies vir die oë en ’n geel Smartie vir diesnoet. Spuit snorbaarde op die snoet met swart botterversiersel.Vorm ’n stert met ’n stukkie skoenveterdrop. Pakdie muise bo-op en rondom die “kaas”-koek.

Kry die partytjiegevoel

Verander die partytjiekamer in ’n muis se huis. Dek die tafel met’n geel tafeldoek of geel papier en dek ’n rooi papierbord, geelpapierkoppie en geel papierservet by elke gas se plek. Maak ookvir elkeen ’n muisgesig as plekmatjie. Hang geel en rooi ballonneby die tafel.

Muis-poedings

Maak rooi jellie aan volgens die aanwysings op die pakkie enmaak plastiekkoppies driekwart vol daarmee. Laat stol.Vul die koppies tot bo met dik vla. Trek ’n reep skoenveterdropversigtig uitmekaar om dun repies te vorm en druk een in elkepoeding in om ’n muis se stert voor te stel. Sit voor met plastieklepels.

Plekmatjies 

Jy benodig: Rooi papierborde, Stukke wit en swart karton, grys sponspapier, rooi, wit en swart pypskoonmakers, geel tosseltjies.

Knip ’n paar papierborde in die vorm van ’n muisgesig.Knip vir elke gesiggie oë uit wit en swart karton en twee grootore uit grys sponspapier. Plak die oë en ore op hul plek vas soosop die foto bo. Vorm die snorbaarde deur drie pypskoonmakersin die middel te buig en onder die oë vas te plak. Plak ’n geeltosseltjie bo-op die pypskoonmakers vas. Gee vir elke kind ’n plekmatjie met sy of haar naam op.

Uitnodigings

Jy benodig: 

  • grys sponspapier 
  • skêr
  • stukke rooi en wit karton 
  • gom
  • rooi glinsterstrooisel
  • geel haarbande 
  • wit vere
  • gaatjiedrukker 
  • silwer lint of koord

Vou die grys sponspapier in die helfte en knip vir elke uitnodigingtwee ovaalvorms op die vou. Knip twee kleiner ovaalvormsuit die rooi karton en plak dit aan die binnekant van diegrys ovaalvorms vas. Smeer ’n bietjie gom aan die binnekantvan die rooi vorms en sprinkel rooi glinsterstrooisel daaroor.Smeer gom aan die bokant van die haarband en plak ’n paarvere daarop vas. Vou die grys ore om die haarband en plakdie voorkant aan die agterkant vas. Knip klein kaartjies uit diewit karton en skryf die besonderhede van die partytjie daarop.Druk ’n gaatjie in elke kaartjie, ryg ’n stukkie silwer lint ofkoord daardeur en knoop dit vas. Knoop die ander punt aan diehaarband vas.

Kaasmuffins

Sorg ook vir iets souts om aan te knibbel. Vul 'n muffinpan met papierkoppies in die kleure van jou partytjie.

Resep (genoeg vir 12 muffins)

  • 500ml (2 k) bruismeel 
  • 3ml (ruim ½ t) sout 
  • 10ml (2 t) bakpoeier
  • 1 eier
  • 225ml melk
  • 50ml (10 t) gesmelte botter 
  • 500ml (2 k) gerasperde kaas

Verhit die oond tot 220 °C en voer ’nmuffinpan met papierkoppies uit. Sif diemeel, sout en bakpoeier in ’n mengbak.Klits die eier en melk saam. Voeg dieeier-en-melkmengsel saam met die gesmeltebotter by die meelmengsel. Voegdie gerasperde kaas by en meng. Skep indie papierkoppies en bak 10-15 minuteof tot goudbruin en gaar. 

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees