Leeshoekie: Februarie

akkreditasie

Die snurk en die seeman

R125

Die snurk en die seeman is propvol avonture. Die snurk se lewe was eers heel eenvoudig, want snurke hou nie van besoekers nie, snurke deel nie sop nie en snurke gaan beslis nie op ekspedisies nie! Maar een aand klop iemand aan die snurk se deur en verander die snurk se lewe drasties. Protea Boekwinkel. 

Klik hier om te koop. 

Diere onder die son: Aktiwiteitsboek 1

R34

Diere onder die son: Aktiwiteitsboek 1 is 'n aktiwiteitsboek vir slimkoppe. Dis 'n samestelling uit Vrouekeur se weeklikse kinderbladsye. Al die aktiwiteite is saamgestel deur Vian Oelofsen en bevat prettige dierekarakters. Lapa Uitgewers. 

Klik hier om te koop. 

Kougom in my hare en ander rympies

R79

Kougom in my hare en ander rympies is deur Jaco Jacobs geskryf. Dit bevat meer as 40 lawwe verse wat jou kleutertjie lekker sal laat lag. Van die rympies is: "Ons juffrou weet (amper) alles", "Kougom in my hare", "Tongknopers" en "Aangename kennis". Lapa Uitgewers. 

Klik hier om te koop. 

My Model

R79

My Model is 'n heerlike reeks speelboekies waarmee jou kleuter haar eie unieke uitrustings en haarstyle met plakkers skep. Elke boekie bevat omtrent 50 modelle waarmee jou meisiekind kan eksperimenteer. Sy gebruik eenvoudig die plakkers om verskillende uitrustings en bykomstighede te ontwerp. Sy kan ook die modelle inkleur. Human & Rosseau. 

Klik hier om te koop. 

My Liggaam

R99

My Liggaam is 'n feiteboek wat ook agt bladsye vol prettige aktiwiteite insluit. As jou kind hierdie boek lees sal sy presies weet hoe wonderlik haar liggaam werk - van haar kop tot haar tone. Die boek verduidelik wat jou sintuie doen, hoe spiere werk, en nog baie meer! Lapa Uitgewers.

Klik hier om te koop. 

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees