Maak hierdie kriptoneel vir Kersfees

akkreditasie
Dié kartonuitbeelding van Jesus se geboorte sal jonk en oud vermaak – nie net met die maakslag nie, maar ook die uistalslag. 

Kersfees van karton

Jy het nodig:

  • Die patroon (klik hier: kersfees_kunsvlyt_2014.pdf)
  • Bruin karton
  • Gekleurde karton
  • Swart pen
  • Skêr
  • Papiergom
  • Tou
  • Dun draad

Wees dié Kerstyd skeppend en pak 'n projek aan om Jesus se geboorte in karton uit te beeld. Maak die figure vroeg in die Desember en stal dit uit tot Kersdag. Betrek die gesin en gee vir elkeen 'n werkie. Die eindresultaat is iets spesiaals wat jare lank bewaar kan word.

  1. Laai die templaat af (kersfees_kunsvlyt_2014.pdf) en knip dit uit.
  2. Plaas dit op die bruin en gekleurde karton en trek dit met 'n swart pen af.
  3. Knip nou die dele uit.
  4. Elke figuur het 'n lyfie en dan bene vir die staan. Sny 'n gleuf aan die onderkant van die figuur en aan die bokant van elke been. Glip hulle daar inmekaar en siedaar – jou skaap of boom of wyse man staan.

Josef & Maria

Sny die patrone uit en trek dan die patroon op karton af. Maak Josef en Maria se kopdoeke van helderkleurige papier en gee hom 'n donker baard. Jy kan die baard met papier od

Baba Jesus

Die hoofkarakter is in 'n krip van karton met geel strooi. Gebruik 'n swart pen om meer detail aan die baba te gee, soos die doek waarin hy toegedraai is. 

Die stal

Sny 'n groot stuk karton soos op die templaat en sny die vensters daaruit. Vou die kante van die gebou na binne sodat dit staan. Die dak is 'n los driehoek wat in die helfte gevou en bo-op geplaas word. 

Die staldiere

Sny die skaap se wolkie-lyfie en teken 'n swart oog op sy gesig. Plaas dan die twee bene onder sodat hy kan staan. Die donkie is soortgelyk maar het pienk binnekante in die ore en 'n grys magie gekry. 

Die skaapwagters 

Elkeen van die drie skaapwagters het verskillende hooftooisels. Laat dit uit staan deur gekleurde papier op te plak. 

Die wyse manne

Die wyse manne en hul kamele is een vorm. Sny dit uit en maak elkeen se versierings uit gekleurde karton. Knip drie stukkie stou, knoop dit individueel en sit dit op die kameel en in die wyse man se hande. 

Die engel

Die engel is 'n belangrike figuur in die storie van Jesus se geboorte. Skep 'n goue haredos en stralekrans met gekleurde papier. 

Kersboom

Hirdie bome gee 'n feestelike gevoel. Maak sommer 'n paar en hier en daar kan een helfte uit groen karton gemaak word. 

Die PDF het 12 bladsye.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees