Maak 'n Advent-kalender (plus patroon)

akkreditasie
Maak 'n eenvoudige Advent-kalender waarmee jou kind (en haar kinders) jaar ná jaar die dae tot Kersfees kan aftel.

Die helfte van die lekkerte van Kersfees is die opbou na die groot dag, en watter beter manier om dit te doen as met ’n Adventkalender? Tradisioneel strek ’n Adventskalender van 1 tot 24 Desember en kan ’n kind op elke dag van Desember ’n sakkie, pakkie of venstertjie op die kalender oopmaak om ’n verrassing te kry soos ’n lekkertjie, snuistery of rympies.

Ons het Melton-materiaal vir ons kalender gebruik omdat dit so stewig is, maar jy kan ook vilt gebruik. Rol die kalender ná Kersfees op en bêre in sagte papier tot volgende jaar.

Jy het nodig:

  • Rooi Melton-materiaal of vilt van 40 cm x 1,25 m (die breedte van die materiaal)
  • Kleiner stukke vilt in groen, swart, rooi en wit
  • Liniaal of maatband
  • Borduurnaald en garing
  • Skêr Spelde
  • Wit of rooi tosseltjie
  • Materiaalpotlood of -viltpen
  • Sterk gom

Kry die aanwysings in Baba & Kleuter se Desember 2012-uitgawe, nou te koop!

Die patroon

Klik hier om die patroon af te laai: advent.pdf

Foto's deur Emielke

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees