Maak 'n babapop bedjie

akkreditasie
Bou vir jou dogter ’n lieflike bababed waarin sy haar pop soos ’n koninklike kan laat slaap - al wat jy nodig het is 'n ou boks en verbeelding.

Die beste van als: Dis so maklik, jy kan een vir elkeen van haar popvriende maak.

Jy het nodig

  • 1 klein vrugteboksie of ’n bierboks
  • 1 middelslag-boks
  • Ligte roomkleurige verf
  • Gom
  • Plakkers, blinkers en glinsterpenne vir versiering
  • ’n Mooi kombersie wat by die bed se kleurskema pas

Die vrugteboksie is die bed en die middelslag-boks word vir die bed se kop- en voetstuk gebruik.

  1. Slaan die middelslag-boks oop. Gebruik die vrugteboksie om die breedte en lengte van die kopstuk te bepaal. Maak die voetstuk korter as die kopstuk.
  2. Teken ’n patroon van jou keuse op die karton en begin die kop en voetstuk uitsny*.
  3. Verf die twee stukke asook die buitekant van die vrugteboksie ligte room. Verf een laag en laat dit droog word voor nog ’n laag aangewend word. Verf ’n hele paar lae.
  4. Laat dit heeltemal droog word en versier dan die kopstukke met blinkers en plakkers. Laat jou dogtertjie daarmee help.
  5. Plak die kopstukke met gom aan kante van die boks vas. Oefen effens druk uit met die plakslag sodat dit in plek kan bly tot dit droog is.
  6. Maak die boks met beddegoed op.

* Gebruik ’n vel papier wat in die helfte gevou is om ’n patroon te ontwerp wat simmetries dieselfde lyk, of laai hierdie eenvoudige patroon af:

Klik hier om al 4 bladsye te kry: bababedpatroon.pdf

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees