Ouwêreldse styl

akkreditasie
'n Nuwe baba laat 'n mens nostalgies na gelukkige kinderdae terugverlang. Deel die betowerende outydse styl met jou kleinding deur die gebruik van familie-erfstukke en oudhede wat jy by rommelverkopings en veilings opspoor.

Uitgebleikte en sagte kleure soos die palette in ou kinderboeke vorm die grondslah van dié outentieke babakamer.


Nostalgie

  • 'n Antieke bababed is perfek vir die styl, maar wees baie versigtig aangesien dit moontlik met 'n loodbasisverf bedek kan wees.
  • As jy onseker is, laat eers al die verf verwyder en verf die metaalbasis oor.
  • Vir 'n ou voorkoms kan die verf op party dele agfevryf word.
  • Bedek die muur waarteen die bababed staan met mooi papier en verf die res van die vertrek ligpienk of roomkleur.
  • Geverfde vloerplanke skep 'n solderkamer-gevoel.
  • Versier verder met linte en ou breekware om die styl verder uit te brei.

KOLWYNTJIES

Aarbei- en vanieljekleure word opgehelder met meer intense boublokkiekleure om te keer dat die voorkoms te suikersoet word.

KRUISSTEEKPAPIER

Dié vaalpienk muurpapier met kruissteek-ontwerp maak 'n groot impak sonder om oorweldigend te wees.

BELIGTING

Outydse ligte en ligbedekkings dra by tot 'n sagte gevoel en herinner aan die babakamers van toentertyd.

Snuffel in rommel en oudhedewinkels rond op soek na komberse en breekware wat by jou babakamer se kleure pas.

VERSIERINGS

Vlaggies, linte en mooi breekgoed in die passende kleurpalet dra alles tot die ouwêreldse gevoel bly.

OUDHEDE

Ou meubels soos 'n spieëltafel en keramiekbakke word ingespan vir 'n nuwe rol as doekruilstasie.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees