Papierkuns: Papierbootjie

akkreditasie
Papierkuns is weer groot nuus en oral te sien. Hier is 'n eenvoudige, treffende patroon wat jy self kan vou of vir jou ouer kinders kan wys om te vou.

Jy benodig:

  • papier

Maak so:

Stap #1

  • Neem 'n A4-vel, of enige langwerpige stuk papier.
  • Met die papier in portretformaat (langwerpig) voor jou, vou die boonste helfte afwaarts, presies in die helfte.

Stap #2

  • Vou nou 'n ligte vertikale gidslyn in die middel en maak jou papier dan weer oop, sodat dit slegs een maal gevou voor jou lê.

Stap #3

  • Neem nou die regterkantste hoek en vou dit afwaarts, sodat die driehoek wat gevorm is presies op die vertikale gidslyn lê.
  • Draai jou papier om en herhaal die stap aan die agterkant.

Stap #4

  • Neem die boonste flap aan die onderkant en vou dit na bo.
  • Draai die papier om en herhaal dit ook aan die ander kant.

Stap #5

  • Draai die hoed punt in die lug en maak dit met jou duime aan die binnekant oop.

Stap #6

  • Vou die stukke papier in soos op die voorbeeld.
  • Jy kan die oorvleuelende flappe onder mekaar invou.

Stap #7

  • Vou die boonste hoek wat los is na binne.

Stap #8

  • Draai die papier om en herhaal die stap aan die ander kant.

Stap #9

  • Vou die vorm oop en draai opwaarts (met die oop kant dus na onder), sodat twee driehoeke op die sye sigbaar is.

Stap #9

  • Vou die vorm oop en draai opwaarts (met die oop kant dus na onder), sodat twee driehoeke op die sye sigbaar is.

Stap #10

  • Trek die sye kantwaarts en siedaar- jy het jou boot.



Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees