Papierkuns: Windmeule

akkreditasie
Papierkuns is weer groot nuus en oral te sien. Hier is 'n eenvoudige, treffende patroon wat jy self kan vou of vir jou ouer kinders kan wys om te vou.

Jy benodig:

  • Effekleurige en bont papier
  • Mooi spelde/ drukspykers
  • Houtstokkies

Maak so:

  1. Sny 'n vierkant uit 'n effekleurige vel papier.
  2. Trek 'n potloodlyn van die boonste linkerhoek van die papier na die onderste regterhoek. Doen dieselfde met die boonste regter- en onderste linkerhoek.
  3. Gebruik 'n skêr en, met die lyne as gids, knip die papier tot sowat 2-4cm (afhangende van jou papiergrootte) vanaf die middelpunt. Dit deel elke hoek in twee- ons noem dit hoek A en hoek B.
  4. Sny ook 'n sirkel uit bypassende bont papier.
  5. Druk eers die sirkel deur 'n hoedespeld of drukspyker sodat die patroon na die buitekant wys.
  6. Nou kom jou papier. Vou al jou A-hoeke na die middelpunt van jou papier en druk ook deur die speld, wanneer jy die speld deur die middel van die papier steek.
  7. Druk dit laastens deur 'n stukkie hout wat ook as 'n handvatsel kan dien.

WENKE!

  • Plak twee verskillende kleure papier met rugkante teen mekaar, sodat die meul verskillende skakerings het.
  • Ons het meer as een roomysstokkie aan mekaar geplak vir 'n langer stokkie.
  • In plaas van drukspykers kan jy ook 'n gaatjiedrukker gebruik om 'n gaatjie in elke hoek A van die windmeul te druk en dit dan met 'n lint deur 'n gaatjie in die middel van die papier te ryg.
  • Gebruik 'n baie lang lint sodat die windmeul aan boomtakke, pilare of stoele vasgemaak kan word.
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees