Pienk met 'n kinkel

akkreditasie
Draai die tradisionele pienk babakamer op sy kop deur 'n bietjie bruin by te voeg. Met die gebruik van verskeie skakerings van pienk en bruin kan jy 'n unieke dogtertjie-kamer vir jou unieke bondeltjie skep.  

Sjokolade en malvalekkers, pienk en bruin melkskommels; aarbeie gedoop in sjokoladesous...dié kamer is 'n dogtertjie se droom. Soek interessante ontwerpe om 'n funky gevoel te gee.

  • Wees versigtig met jou steolkeuse.
  • Kies 'n stoel waarop jy gemaklik kan sit en wat die toekoms êrens anders gebruik kan word.
  • Wissel die pienk met 'n derde kleur af.
  • Rooi is 'n goeie opsie, veral omdat die winkels tans vol pienk-en-rooi items is.

  • 'n Slaaptydmaatjie soos die teddiebeer sal nie net saamslaap nie, maar gou oral saamgesleep word.

  • Mooi houers vir los gebruiksitems laat 'n kas netjies vertoon.
  • lapskoentjies soos die maak ook sommer deel ven die dekor uit.

  • Meng patrone soos kolle met strepe of ruite vir 'n spelerige effek wat jou nie bind tot net een keuse nie- dit maak doringkopies ook makliker en lekkerder om te doen.
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees