Resensie: Speurder teen speurder

akkreditasie
Speurder Kwaaikofski 7
Speurder Kwaaikofski 7
Anna van Biljon, 9, het vir ons geskryf wat sy dink van die sewende Kwaaikofski-boek.

Die uitgewer sê:

Kwaaikofski het kompetisie: ’n ander speurder krap in sy slaai! Hierdie ou noem homself “Koning” en is heeltemal te groot vir sy skoene. Kwaaikofski kan dit beslis nie daar los nie – hierdie dorp is te klein vir albei van hulle. ’n Speurkompetisie sal bewys wie nou eintlik die speurkoning is!

Anna skryf:

"Toe ek eers die voorblad gesien het, het ek gedink Kwaaikofski het sy tweelingbroer ontdek.

"Ek het gehou van die deel toe hulle altwee die dief gevang het.

"Selfs as Koning nie weggegaan het nie en Kwaaikofski die speurkompetisie verloor het, dink ek nie hy sou ophou speur het nie.

"Ek hou ook baie van die Kwaaikofski illustrasies. Dit is een van die beste boeke ooit."

Die Speurder Kwaaikofski-reeks, deur Jürgen Banscherus, word deur Human & Rousseau uitgegee. 

Bestel die e-boek hier.

Bestel die sagteband hier.

Stuur gerus jou kind se resensie van Afrikaanse kinderboeke aan web@babaenkleuter.co.za.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees