Tee vir twee

akkreditasie
Bederf jou vriendin met 'n ooievaarsparty wat 'n druppel nostalgie en 'n tikkie pret kombineer.

  • Put inspirasie vir 'n ooievaarsteeparty ui oou kant en ouma se linne.
  • Kombineer dit met geel, die kleur van die oomblik, en jy het 'n vars voorkoms wat jou nie duisende uit die sak sal jaag nie.
  • Grawe ook in jou ma se kaste vir kristal, piouter, en bronsware en gebruik dit as blompotte of opdien bakkies.
  • Ryg "heuning"- fopspene aan 'n toutjie en hang dit op.
  • Moenie te oordadig met die geel wees nie; fokus ook op natuurlike kleure soos room en bruin.
  • Die maklikste manier om die geel in te bring is met blomme en servette en natuurlik die kos.

WENK!

Hou by een kleurskema en gevoel; dit sorg vir 'n mooi partytjie.

Inspirasie

...vir die partytjie word geput uit die tradisionele heuningfopspeen, geel en outydse kant.

KOEK

  • Laai hierdie koek resep af by www.yourparenting.co.za

SPELETJIE

  • Almal is nie lief vir speletjies nie, maar dit is gewoonlik 'n goeie ysbreker.
  • 'n Slim plan is om al die gaste die omtrek van die eregas se maag te laat skat.
  • Laat hulle die omtrek in sentimeter skat, of laat elkeen 'n stuk tou wat sy dink om die maag sal pas, van 'n rolletjie tou afsny.
  • Die swanger vrou stap dan deur die vertrek sodat al die gaste hul toutjie om haar maag kan pas en die een wat die naaste is, kan 'n prys losslaan.

Gevulde eiers, Biltongbroodjies, Limonade en Makrolletjies

Laai hierdie drie resepte af by www.yoourparenting.co.za

  • Gevulde eiers en Biltongbroodjies
  • Limonade
  • Makrolletjies

PLEKAANWYSINGS

Plak maskeerband met elke gas se naam op harte van hout en gebruik dit as plekaanwysings op die tafel.

DANKIESÊPAKKIES

  • Pak bruinpapiersakkies vol soetkoekies vir ou gaste om saam met huis toe te neem.
  • Vlakoekies is ook 'n wenner vir so 'n pakkie.
  • Versier dit mooi met 'n handgemaakte etiket, kant en 'n miniatuurpennetjie.
  • Jy kan ook 'n boekmerk maak soos die een onderlangs.
  • Koop gekleurde roomysstokkies of verf dit self geel.
  • Plak 'n papierdoilie op 'n stuk karton en knip dit in 'n sirkel.
  • Skryf direk op die doilie of maak 'n hartjie uit roomkleurige papier en skryf "dankie" daarop.
  • Plak die sirkel op die stokkie en knoop 'n lint om die steeltjie.

KAARTJIES

  • Stuur vir elke gas 'n kaartjie saam met hul uitnodiging om in te vul, of e-pos dit en vra dat hulle dit uitdruk en invul.
  • Elkeen van die kaartjies begin met 'n sin soos "Ek hoop jy weet", "Onthou altyd" en die gas moet dit dan met 'n spesiale nota vir die baba invul en saam met haar geskenk bring.
  • Laai die kaartjies af by www.yourparenting.co.za
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees