Tyd vir pret

akkreditasie
Boy watching tv
Boy watching tv
Goeie idees vir pret binne in die huis.

Kombuis

Die kombuis is ’n lekker plek waar die kinders maar kan mors. (Toemaar, ons het raad vir opruim ook, kyk aan die einde van die artikel!)

As jy dapper voel (of dalk desperaat) en kans sien vir mors, kan jy ’n groot skottel vol rys maak. Gee jou kind maatkoppies en lepels om mee te skep. Ure se pret!

Eetkamer

  • Gooi komberse oor die eetkamertafel en help jou kleinding om ’n heerlik snoesige tent te maak. Nooi ’n maatjie en bring vir hulle piekniekkossies wat hulle in die tent kan eet.
  • Kinders is altyd lief vir teepartytjies. Julle kan jou kleinding se speelgoedkoppies en -pierings gebruik, of regte koppies as jy daarvoor kans sien. Die geheim van ’n goeie teepartytjie is die voorbereiding. Maak jou kleinspan opgewonde. Begin deur jou kind te help om uitnodigings vir die teepartytjie te maak. Daarna kan julle die versnaperinge vir die partytjie maak (lees meer hieroor onder “Kombuis”.)
  • Julle kan ook ’n weggooibare tafeldoek versier en vir die teepartytjie gebruik. Laat jou kinders toe om pappa en mamma se klere vir die partytjie aan te trek en as jou meisiekind wil, mag sy grimering dra en haar naels rooi verf.
  • Sê vir die kinders dis ’n regte teepartytjie en aangesien hulle nou “grootmense” is, moet hulle baie gemanierd wees. Julle kan dit baie speels doen: Wees oordrewe beleef en wys hulle hoe om tee te drink met hul pinkies in die lug. Gewoonlik het jy dan vir ’n ruk wonderlik gemanierde kinders!

Sit- of televisiekamer

  • Rig ’n speelplek in julle sitkamer in. In die winter kan jy dalk daaraan dink om julle koffietafel in ’n hoek te skuif sodat daar genoeg vloerruimte is vir die kinders om lekker te speel. Bêre van hulle speelgoed soos blokkies en karretjies in bokse in die sitkamer en laat hulle toe om daar te speel.
  • Natuurlik is daar niks lekkerder as om onder ’n kombers in te kruip en televisie te kyk nie. Daar is niks mee verkeerd om nou en dan saam met jou kleinding op te krul en een van sy stories te kyk nie.

Studeerkamer

Sit van jou kinders se boeke op die onderste boekrak in die studeerkamer. Pak lekker kussings daarvoor en moedig hulle aan om in die leeshoekie rustig deur boekies te blaai.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees