Uittreksel: Beertjie

akkreditasie
Beertjie is 'n oulike leesboekie vir beginners. Hier is 'n voorsmakie.

Beertjie

deur Else Holmelund Minarik, met illustrasies deur Maurice Sendak (Human & Rousseau)

Beertjie is seker een van die wêreld se mees sjarmante kinderboekkarakters en nou ná baie jare weer in Afrikaans beskikbaar. Die eenvoudige teks en die evokatiewe tekeninge deur Maurice Sendak, internasionaal beroemde en bekroonde kinderboekillustreerder, skep vir die kind ’n verbeeldingswêreld waarin hy altyd tuis voel. 

Al 5 titels in die Beertjie-reeks is uitstekende voorleesboeke wat in ’n wye kring sal byval vind. Die kleuter wat die verhaal een of twee maal gehoor het, sal dit self aan die hand van die illustrasies kan volg. Dit is ook besonder geskik vir self-lees deur kinders wat pas leer lees het.

In hierdie eerste titel in die reeks vind ons 4 kort Beertjie-stories oor 64 bladsye. As dit koud is, weet Mamma Beer net watter jas sal Beertjie warm hou. Wanneer hy besluit om maan toe en terug te vlieg, het sy vir hom middagete gereed wanneer hy tuis kom. En natuurlik kry Beertjie die perfekte verrassing op sy verjaardag.

Koop sommer gou deur Kalahari.com! Klik hier.

Om dit op Kalahari.com te koop, klik hier.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees