Vier!

akkreditasie
Jou vierjarige sal mal wees oor hierdie koek.

Jy het nodig:

  • 1 plaatkoek (klik hier vir die resep)
  • botterversiersel, groen gekleur
  • klapper, groen gekleur
  • uitrolversiersel, swart
  • CMC-poeier
  • tandestokkies
  • karretjies

Stap #1

Geen sny- of paswerk is nodig nie en jy kan wegspring deur die hele ekoek met groen botterversiersel te smeer en klapper op te strooi.

Stap #2

Maak 'n groot 4 van die swart uitrolversiersel wat oor die lengte en breedte van die koek strek. Maak die reguit streep en die eerste arm van die vier eerste.

Stap #3

Bou 'n brug met die laaste stukkie van die vier. Sit CMC-poeier in dié stukkie uitrolversiersel en laat dit oornag om die ronding van 'n glas hard word. Plaas dit net voor die gaste opdaag op sy plek, gebalanseer op vier tandestokkies. 

As jy nie vir dié stukkie ingenieurswerk kans sien nie, kan jy vierrigtingstop of 'n verkeerslig plaas waar die paaie kruis.

Stap #4

Plaas die karretjies in posisie.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees