Baba & Kleuter bly voor

akkreditasie
Al Baba & Kleuter se tydskrifinhoud is aanlyn te kry
Al Baba & Kleuter se tydskrifinhoud is aanlyn te kry
Die enigste konstante ding in die lewe is verandering. Niks bring dié boodskap so tuis soos ‘n swangerskap of nuwe baba in die huis nie. Daar is dae en weke waar jy so vasgevang is in die oomblik dat jy nie besef hoe dinge vorder nie. Eendag is daar skielik een kersie op die koek en julle kyk deur die jaar se foto’s en jy kan nie gló wat jou baba alles in ‘n jaar geleer het en hoe jul lewe verander het nie.

Ek voel ‘n bietjie so wanneer ek deur my biblioteek van ou Baba & Kleuter-tydskrifte kyk. Ons is al sedert 1999 ‘n bron van plaaslike ouerskapadvies en –ondersteuning. Dít het nie verander nie, maar as ek kyk hoe die tydskrif nou lyk in vergelyking met daardie dae voel dit weer of álles verander het. En dis goed so. Die media moenie net byhou nie, die media moet voor bly.

Drie maande terug was dit groot nuus dat Baba & Kleuter saam met van die land se voorste Afrikaanse tydskrifte soos Weg, Weg Ry & Sleep, Landbouweekblad, Finweek, Tuis, Sarie, Kuier en Huisgenoot deel word van Netwerk24.

Die redaksie moes ‘n paar nuwe digitale vaardighede leer om seker te maak ons unieke tydskrifinhoud is beskikbaar aan ons lesers. Soos doekruil het dit sommer gou tweede natuur geword. Ons het verbasend gou tuis begin voel in ons nuwe digitale omgewing, seker omdat ons eintlik lankal nie meer nét ‘n papiertydskrif is nie – ons gemeenskap floreer mos op sosiale media ook.

As jy nog nie kans gekry het om te sien hoe ons digitale tuiste lyk nie, gaan maak gerus ’n draai op netwerk24.com. As jy reeds ’n Netwerk24-intekenaar is, kan jy onmiddellik begin lees. As jy nie is nie, kan jy registreer vir ’n 30 dae gratis proeftydperk. Daarna kos dit net R99 per maand om in te teken op Netwerk24 om al die nuus en stories te lees wat deur Netwerk24 en tydskrifte se joernaliste geskep word.

Dis ‘n winskopie wat jou onbeperkte toegang gee tot die beste joernalistiek in die land, alles in Afrikaans. Wat Baba & Kleuter aanbetref is dit ekstra koste-effektief, want jy kry nie net toegang tot die uitgawe wat nou op die rak is nie, maar ook tot die hele argief soos ons dit met elke uitgawe laai. Dit beteken jy kan teruggaan na vorige uitgawes en die artikels lees oor onderwerpe wat jou nóú interesseer omdat jou kind nou deur daardie stadium gaan, al was dit nie aanvanklik van toepassing nie. Jy gaan vir ure lees, op enige digitale toestel wat jy het. Vreemd om te dink dat niks hiervan in 1999 bestaan het nie en nou kan ek my die lewe daarsonder nie voorstel nie. Viva verandering!

Groete

Helen

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees