Baba & Kleuter se nuwe tuiste op die web: Netwerk24

akkreditasie

Liewe leser

Almal by Baba & Kleuter is trots en opgewonde om deel te wees van ‘n nuwe era in Afrikaanse joernalistiek. Ons aanlynaanbod is nou te vinde by Netwerk24, wat mos al lankal die digitale tuiste is van die Afrikaanse koerante en nou ook van Afrikaanse tydskrifte. 

Jy sal sien dit lyk nou bietjie anders wanneer jy ons webtuiste besoek. Ons doelwit is om jou meer te gee en die lekker gemeenskap Afrikaanse ouers waarvan ons deel is, verder uit te brei. 

Deur die loop van die volgende twee weke gaan jy boaan ons blad op e-publikasies kan klik. Dit sal jou na ‘n biblioteek neem waar jy Baba & Kleuter as gunsteling-tydskrif kan kies. Ander tydskrifte wat jy daar sal sien, is Huisgenoot, Sarie, Kuier, Tuis, Weg! en Weg! Ry & Sleep, Landbouweekblad, TV Plus, Finweek en SA Jagter. As jy inteken op Netwerk24, kry jy toegang tot AL hierdie tydskrifte, en natuurlik ook al die koerante se inhoud. 

Die Baba & Kleuter wat jy as e-publikasie kry, lyk presies soos die papiertydskrif wat jy in die winkels kry. Dis eenvoudig om te blaai, eintlik maar net soos papier. 

As jy nou al boaan Netwerk24 se webtuiste kyk, sal jy die skakels na al die tydskrifte sien. Klik op Baba & Kleuter en jy sal by ons webtuiste uitkom. Vanaf 1 November gaan ons webtuiste ook die artikels bevat wat op daardie tydstip in die tydskrif self te lees is, maar in ‘n formaat wat lekkerder op die web lees. Dié artikels is net vir Netwerk24-intekenaars beskikbaar.

Die volgende vraag is natuurlik wat dit kos. Net R99 per maand! Dis eerlikwaar fantastiese waarde vir geld. Jy kry ál Baba & Kleuter se inhoud, wat ook gerieflike toegang tot vorige maande se inhoud sal insluit soos die tyd vorder. Ons weet lesers soek dikwels ou uitgawes omdat daar iets spesifieks in was wat nou op hul swangerskap of baba betrekking het. 

Daarmee saam kry jy ook toegang tot al die ander tydskrifte, asook sewe dae per week brekende nuus, politieke kommentaar en ontleding, sport, vermaak, sakenuus en raad oor geldsake. Onthou, Netwerk24 het die grootste span Afrikaanse joernaliste in die land en dis hoe ons dit regkry om die beste nuus- en leefstylinhoud vir jou saam te sit. In Afrikaans. Alles op een plek. 

Moenie nog huiwer nie. Besoek www.netwerk24.com om in te teken. Klik op ‘word ‘n intekenaar’, vul die vorm in, kies jou betaalmetode en siedaar!

Terloops, as jy reeds ‘n volweek-intekenaar is op Beeld, Die Burger en Volksblad, sluit jou intekening reeds onbeperkte  toegang tot alles op Netwerk24 in. As jy meer inligting nodig het, SMS die woord ‘diens’ na 31069 (SMS kos R1,50). 

Groete

Helen 

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees