Blink borrels

akkreditasie
Borrels blaas is groot pret vir kleingoed. Maak dit sommer self met een van die resepte.

Mooi borrels 

Bestanddele

  • 1 koppie water
  • 2 eetlepels gliserien
  • 4 eetlepels skottelgoed-wasseep

Gaan so te werk

Meng alles stadig en liggies saam sodat dit nie skuim nie.

Reusagtige borrels

Bestanddele

  • 6 koppies water
  • ½ k mielieblom 
  • ½ koppie opwasmiddel
  • 1 eetlepel bakpoeier 
  • 1 eetlepel gliserien

Gaan so te werk

Giet die water in 'n vlak bak. Los die mielieblom daarin op. Roer die orige bestanddele liggies by. Werk liggies sodat jy nie skuim maak nie. Laat dit 'n urr staan en roer weer versigtig. Dis in die haak as 'n bietjie mielieblom onder in die bak bly lê. Hierdie mengsel werk goed as jy baie groot borrels wil blaas. 

*Wenk:

Jy kan gliserien by die apteek of in groot supermarkte se baba-paadjie koop. Voeg 'n paar druppels voedselkleursel by jul borrelmengsel. Gee 'n houertjie borrelmengsel as geskenkie aan die einde van 'n partytjie pleks van 'n partytjiesak vol soetgoed.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees