JY HET NODIG

  • klein roomysstokkies (4 per ster)
  • gekleurde tou, geknip in stukke wat lank genoeg is om in lussies geknoop te word
  • blinkertjies of knopies
  • gom

GAAN SO TE WERK

1. Plak die stokkies twee-twee op mekaar sodat dit ’n kruisie vorm.
2. Knoop die gekleurde toutjies sodat elkeen ’n lussie vorm en plak een lus agterop elke ster vas.
3. Plak twee kruisies op mekaar sodat dit ’n ster vorm soos op die foto hierbo. Sorg dat die sterpunte netjies gespasieer is.
4. Verf die sterre aan albei kante met gom en plak die blinkertjies of knopies daarop vas.