book-icon Uitgawe Februarie, Maart, April & Mei 2021

Bly besig met boeke

akkreditasie
Boeke vir kinders
Boeke vir kinders

Loer binne: Die plaas en Loer binne: Die see is dik kartonboeke met 10 lig-en- loerflappies. Gewoonlik is kartonboeke vir babas en peuters bedoel, maar voorskoolse kinders sal dit ook geniet danksy die gesofistikeerde illustrasies deur Fiona Powers en omdat daar meer teks per blad is. R150 elk, Human & Rousseau

Liz de Villiers en Vian Oelofsen se nuwe boeke Tjoppie en die muskiet en Tjoppie se verjaardag is prettige, kleurryke avonture met ’n hondjie as hoofkarakter. Dis perfek vir storietyd saam met peuters en kleuters. R95 elk, Human & Rousseau

As daar nou twee diere is wat hoog in die mode is, is dit seekatte en lamas, die sterre van die My Heel Eerste Plakkerboek-reeks. Jou kind sal kleure leer ken en fyn motoriese vaardighede ontwikkel. Die plakkers is herbruikbaar, sodat julle oor en oor kan speel. R70 elk, Human & Rousseau

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees