book-icon Uitgawe Desember 2017 & Januarie 2018

Boompies vir die Kersboom

akkreditasie
Stilering: Joanita Cillié; Foto’s: Adel Ferreira
Stilering: Joanita Cillié; Foto’s: Adel Ferreira
Adel Ferreira

JY HET NODIG

  • lang roomysstokkies
  • gom
  • gekleurde viltpenne
  • versierings soos tossels, klokkies, gekleurde tou, goue en silwer pypskoonmakers en goue en silwer sterretjies
  • dun tou
  • bruinpapier, in reghoeke gesny om boomstamme te vorm

GAAN SO TE WERK

1. Plak die stokkies in driehoekvorms.
2. Kleur dit in of los dit die oorspronklike houtkleur.
3. Versier dit na hartelus met die tou, tossels en klokkies. Versier net een kant of albei kante. Gebruik ons voorbeelde as inspirasie.
4. Plak die bruinpapier-stamme onderaan vas.
5. Knoop ’n toutjie bo vas of plak dit met gom vas waar die stokkies ontmoet.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees