book-icon Uitgawe Februarie & Maart 2019

Die oulikste beer van almal

akkreditasie
Lorraine van Cocovanilla Foods in Centurion het die beertjies op die koek gemaak en die koek is deur die bobaasbakker Alta van Staden gebak. Lutri en die oumas het die blomme­tjies uitgedruk, gras geverf en blomme­tjies op die koek geplak
Lorraine van Cocovanilla Foods in Centurion het die beertjies op die koek gemaak en die koek is deur die bobaasbakker Alta van Staden gebak. Lutri en die oumas het die blomme­tjies uitgedruk, gras geverf en blomme­tjies op die koek geplak

Luret en haar teddies kuier in ’n tipi-tent wat haar ma gemaak het.
Hoe rooier, hoe mooier. Jellie, Rice Krispies-koekies en hoender-en-mayonnaise-broodjies is op dié kostafel voorgesit.
Luret saam met ma Lutri en pa Christoff van der Merwe.
Luret spog met beerore terwyl sy saam met haar maatjies in sagte sponsspeelgoed speel. Lutri het self die haarbande gemaak. Sy het eers die ore geknip. Daarna het sy dieselfde vorm ore gesny, maar kleiner en in vilt van ’n ander kleur. Sy het die haarband met bruin lint toegewerk en toe die ore daarop vasgewerk.
Die aartappelslaai is in glaspotjies voorgesit en die houtvurke is met lapstrikkies aan die potjies vasgebind.
Lutri het ook hoender- en-mayo-broodjies met vars avokado in voorgesit wat sy met Woolworths se heerlike Honey & Mustard Mayo berei het. Sy het waspapier in stukke geknip en stukkies lap om die waspapier en broodjies vasgebind.
Elke kind het ’n sappie gekry met ’n plakker op die botteltjie wat Lutri by Izelle van Katoeter Goeters laat maak en druk het.
Die oumas het vroegoggend al begin help om vrugtestokkies en hoenderboudjies te berei. Lutri het die hout gesaag waarop die kosmandjies gestaan het om hoogte aan die kostafel te verleen.
Lutri het elke gas se bord met sorg gemaak. Sy kon nêrens bruinpapierborde kry nie en het die borde dus gespuitverf, ore uitgeknip en aan die borde vasgekram.
Lutri het ou houtpalette ingespan om as kindertafel te dien en die kinders het op rooi kussings gesit. Sy het die kospakkies self gemaak: Sy het bruin papiersakkies gekoop en dit versier sodat dit soos ’n beergesig lyk en lekkergoed, ’n seepbel-botteltjie en ’n klein teddiebeer in elkeen gepak.
WYS VIR ONS
As jy wil hê jou kinder- of ooievaarspartytjie moet op hierdie blad verskyn, stuur gerus ’n e-pos met foto’s van ’n goeie gehalte en ’n kort beskrywing van die partytjie na yolandi@babaenkleuter.co.za

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees