book-icon Uitgawe April & Mei 2019

Dit is kamptyd!

akkreditasie
Hierdie koek is deur Tanya Singleton van Blooming Beautiful Cakes gemaak. Dit was ’n heerlike sjokoladekoek met ’n fondanttent en oulike kampbesonderhede by. Die “kampvuur” was van kersies wat hulle aangesteek het sodat dit lyk soos ’n regte kampvuurtjie voor Ryan dit doodgeblaas het.
Hierdie koek is deur Tanya Singleton van Blooming Beautiful Cakes gemaak. Dit was ’n heerlike sjokoladekoek met ’n fondanttent en oulike kampbesonderhede by. Die “kampvuur” was van kersies wat hulle aangesteek het sodat dit lyk soos ’n regte kampvuurtjie voor Ryan dit doodgeblaas het.

Hierdie koek is deur Tanya Singleton van Blooming
Hierdie koek is deur Tanya Singleton van Blooming Beautiful Cakes gemaak. Dit was ’n heerlike sjokoladekoek met ’n fondanttent en oulike kampbesonderhede by. Die “kampvuur” was van kersies wat hulle aangesteek het sodat dit lyk soos ’n regte kampvuurtjie voor Ryan dit doodgeblaas het.
Bo: Nog lekkernye en oulike dekor: die dassie op ’
Nog lekkernye en oulike dekor: die dassie op ’n swaai met springmieliewolkies langs hom. Daar was selfs swaeltjies wat “rondgevlieg” het.
Ryan Vorster – die verjaardagmaatjie – was baie b
Ryan Vorster – die verjaardagmaatjie – was baie beïndruk met die partytjie wat sy ma geprakseer het!
Desiré het sewe fakkels gemaak van riffelkarton, s
Desiré het sewe fakkels gemaak van riffelkarton, stokke en sagte papier om die vlamme te verteenwoordig. Daar was sewe om Ryan se sewende verjaardag uit te beeld.
Desiré het ’n eenvoudige kartonboksie verander in
Desiré het ’n eenvoudige kartonboksie verander in ’n rugsak en lekkers binne-in gepak. Elke maatjie het uit ’n blikbord geëet en uit ’n blikbeker gedrink: daarop was malvalekkers op ’n stokkie geryg, aansteker-lekkergoed en ’n oliebol met ’n plastiekdier op. Desiré het die vuurtjie en hout van papier gemaak. Op elke maat se grasplekmatjie was ook ’n papiertentjie met Smarties in en sjokolademelkies het modderwater voorgestel. Let ook op die kolonie miere op die tafel – want soos by omtrent elke kamp- of piekniekterrein het miere hierdie kampplek óók oorval.
Nog presente! Elke maatjie het ’n pet, ’n bottel w
Nog presente! Elke maatjie het ’n pet, ’n bottel wat in ’n sakkie hang en ’n flitslig gekry. Die gasvrou het die maatjies se name op die pet en lig vasgeplak vir ’n persoonlike aanslag.
Kyk net al die fyn besonderhede! Desiré het hul mo
Kyk net al die fyn besonderhede! Desiré het hul motor­huis behoorlik in ’n kampeerterrein omskep. Sy het die kartonboom gemaak. Die res is alles ook haar hande­werk. Sy het die tafel met bruinpapier oorgetrek en dit versier met fyngemaakte koekies wat as sand gedien het. Daar was tentjies, motor­huise, ’n dam met ’n boot en eendjies, klein boom­pies en piepklein kamptafeltjies – alles self gemaak. Die koelhouers het as sitplek gedien en elke maatjie kon dit huis toe neem.
Elke maatjie het ’n tent gekry en kon dit huis toe
Elke maatjie het ’n tent gekry en kon dit huis toe neem. Die materiaal is met ’n kramgeweer aan die stokke vasgesit. Desiré het sirkels gesny en aan mekaar vasgewerk om oor die tente te hang. Elke tent het ’n kartonlantern gehad.
Die kinders het in die swembad en op die springkas
Die kinders het in die swembad en op die springkasteel gebaljaar. As hulle nie daar was nie, het jy hulle in die tente of voor die kosbakke gekry.
Desiré se gunsteling-dekorelement was die rigtingw
Desiré se gunsteling-dekorelement was die rigtingwysers. Sy het algemene kamp­aanwysings as verwysing gebruik. Sy het natuurlik die nommer sewe waar moontlik bygesleep. Let ook op die uil en rot van kartonpapier.
As jy wil hê jou kinder- of ooievaarspartytjie moet op hierdie blad verskyn, stuur gerus ’n e-pos met foto’s van ’n goeie gehalte en ’n kort beskrywing van die partytjie na yolandi@babaenkleuter.co.za

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees