book-icon Uitgawe April & Mei 2019

Gemaak vir lees!

akkreditasie
Leeshoekie
Leeshoekie

Die Speelmaats-reeks is geskik vir driejariges en ouer en bevat agt boeke: Krokodil is kwaad, Skaap is bang, Eekhoring is hartseer, Seekoei is gelukkig, Beer leer om te deel, Hamster leer om te help, Katjie leer om te luister en Hondjie leer goeie maniere. Hierdie boeke is ontwerp om jou kind meer oor emosies en sosiale vaardighede te leer. Die taal is toeganklik en die illustrasies sal jou kind boei. Trek jou kind op jou skoot en lees lekker voor. Lapa-uitgewers, R55 elk.

Hierdie drie hardeband-boeke sal jou kind se asem wegslaan! My bielieboek vol woorde!, My bielieboek vol getalle! en My bielieboek vol kleure! is groot en stewige boeke wat jou kind se woord-, getal- en kleurvaardighede opskerp. Die oulike, helderkleurige illustrasies sal jou kind se aandag trek en die teks is groot en eenvoudig wat dit lekker maak vir voorlees of vir vroeë lesertjies. Die boeke is geskik vir kinders tot ses jaar oud. Human & Rousseau, R145 elk.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees