Die partytjiespyskaart. Elke eetdingetjie het ’n interessante naam gehad. Die “hooibale” was byvoorbeeld biltongbroodjies (een van Handrè se gunstelinge), “kiepiekos” was die karamelspringmielies en “inentings” was kondensmelkspuite.
Die twee boeties: Handrè (4) en Janlu (1) Bartleman.
Die kersie was ’n wortelvorm. Corinne het dit jare gelede al gekoop en vir die volmaakte geleentheid gespaar.
Mamma Leanne Bartleman maak seker dat Handrè veilig perdjie ry.
Ouma Corinne Munro se stoep is ruim met genoeg plek vir die tafels en groot dekorstukke.
Corinne het sterte en kopversierings laat maak. Sy sê die kinders het dit vreeslik geniet en trots gevoel dat hulle elkeen ’n diertjie verteenwoordig.
As aktiwiteit moes die boere plant. Daar was ’n aktiwiteitstasie met landerye en ‘n kwekery: Elke maatjie het ’n emmertjie gekry en daar was ‘n verskeidenheid blommetjies, kruie en rotsrosies wat geplant en saam huis toe geneem kon word.
Die kinders was gek oor die plaasdiere wat by die partytjie kom kuier het! Hulle het elkeen ’n geleentheid gekry om ponie te ry en die diere speenbottel te gee.
Vilttrekkers en -waentjies het as tafelversiering gedien en Corinne het koekstokkielekkers daarin gepak. Dit was lekker naby en die kinders kon dit sommer self gryp!
Die windpompe het vir Corinne hard en nie kinderlik genoeg gelyk nie – vandaar die piepklein landerye!
Corinne, saam met haar kleinseun en die verjaardagmaatjie, Handrè.
WYS VIR ONS
As jy wil hê jou kinder- of ooievaarspartytjie moet op hierdie blad verskyn, stuur gerus ’n e-pos met foto’s van ’n goeie gehalte en ’n kort beskrywing van die partytjie na yolandi@babaenkleuter.co.za

Foto’s: Michelle van Kimi & Me in Pretoria; Kinderpartytjiemeubels, dekor, beplanning en stilering: Corinne’s Petite Partyki Datjies; Koek: Melissa Edwards; Oreokoekies: Ina van Christalina’s Cakes in Pretoria; Stalkoekies: Carina van Sugarlove Cookies in Pretoria; Drukwerk: Michelle van Party Nest in Pretoria; Diersterte: Born 2B Styled in Centurion