book-icon Uitgawe Desember 2017 & Januarie 2018

Inboks

akkreditasie

Nadat ons lank gewik en geweeg het, het ons besluit dit is tyd om ons gesinnetjie van drie uit te brei. Ek het vinnig swanger geraak maar drie dae nadat die twee strepies verskyn het, ’n miskraam gehad.

Ons was hartseer, maar het geweet ons moet op die groter prentjie fokus. Skaars twee maande ná die miskraam was ek weer swanger. Ek het estrogeen gebruik tot op 12 weke en het van vier weke swangerskap af al bloeddruk-medikasie begin gebruik omdat my bloeddruk toe al hoog was. Ek is ook ’n diabeet en kon sien my arme dokter het ’n skietgebedjie opgesê vir die maande wat wag.

Dit was ’n baie hoërisiko-swangerskap en komplikasies het vroeg al ingetree. My swangerskap is afgetel in kursusse van antibiotika. Ek het maand ná maand óf blaasinfeksie óf infeksie van die serviks gehad. Ons mikpunt was 36 weke is.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees