book-icon Uitgawe April & Mei 2018

Inboks

akkreditasie
Karli Grobler (20  maande) bekyk al die kleingoed in Baba & Kleuter.
Karli Grobler (20  maande) bekyk al die kleingoed in Baba & Kleuter.

Daar gaan nie ’n dag verby dat ons nie vir die Here dankie sê vir ons wonderwerkie nie! Hy het ons seuntjie gered, beskerm en teruggegee. Edrik het op 5 September 2016 amper verdrink nadat hy in ’n dam geval het. Hy het gespesialiseerde behandeling gekry waar sy lyfie vir 72 uur koud gehou is om verdere breinskade te help voorkom. Hy was 15 dae lank in die intensiewe eenheid, waar sy hartjie drie keer gaan staan het. Hy het ook epileptiese aanvalle begin kry wat veroorsaak het dat hy ophou asemhaal het en sy hartjie weer aan die gang gekry moes word.

Edrikkie was weer soos ’n pap babatjie. Hy moes weer leer sit en loop en die dokters het gemeen dat hy nie weer sal kan sien nie. Die MRI-skandering het gewys dat hy slegs ’n bietjie skade in die voorlobbe van sy brein opgedoen het – die deel van die brein wat ’n mens elke dag gebruik om te dink en besluite te maak. Maar danksy baie oefening, liefde en genade kon hy binne ’n week nadat hy ontslaan is weer loop en sy sig het ook volkome teruggekeer. Edrik is vandag ’n normale, bedrywige seuntjie met geen skade of nagevolge nie. Hy is ons groot getuienis dat God steeds wonderwerke laat gebeur. Daar is krag in gebed! Leandré Spies, Hartbeespoort, Noordwes

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees