Laat toets jou omegas

Is jy bekommerd dat jy nie genoeg omega 3’s inkry om jou borsmelk en jou baba se breinontwikkeling te bevorder nie? Dan het die maatskappy Ecsponent Biotech net wat jy nodig het. Hulle bied twee toetse wat die omegavlak van swanger vroue toets: MyOmega en MyMilk. Ecsponent Biotech is die mense agter Cryo-Save, wat naelstringbloed berg, en MyNurse, wat ’n verpleegster beskikbaar stel om jou baba se naelstringbloed te oes. Gaan na ecsbio.com vir nog inligting.

Hoe sterk swem daai spermpies? Vra jou foon!

Ja, jy lees reg! Mans kan hul spermkonsentrasie nou tuis toets met die Yo-Test-spermtoets. Die toets behels ’n stelletjie wat jy teen R929,95 koop en ’n toep wat jy gratis op jou slimfoon aflaai wat jou dan stap vir stap deur die proses lei. Die toets sal jou inlig hoeveel bewegende sperm daar is, wat belangrik is in die behandeling van onvrugbaarheid. Gaan na ktgroup.co.za vir nog inligting.

Yo-Test-spermtoets
Nuwe, veilige voorbehoedmiddel
The Copper Pearls is ’n veilige, hormoonvrye voorbehoedmiddel wat tot vyf jaar lank doeltreffend werk. Dié voorbehoedmiddel word in die baarmoeder geplaas en stel baie klein hoeveelhede koper vry wat met die bevrugtingsproses inmeng, spermbeweeglikheid beperk, keer dat sperm die eiersel bevrug en ten laaste voorkom dat die eiersel aan die baarmoeder vasheg. Gaan na www.copperpearls.co.za vir nog inligting.

Kyk & sing saam

My nuwe wêreld is ’n Afrikaanse DVD vir kinders en bevat 17 opgewekte liedjies asook die kuikenkaraktertjie Kizzoo, wat jou kleuter lekker gaan laat lag. Kizzoo is ’n ruimtekuiken wat sy huis op Mars verlaat en aarde toe kom om meer van ons wêreld te leer. Musica, R120.

Kizzoo: My nuwe wêreld
Ma se toep
Die nuwe Child Friendly SA-toep is gratis beskikbaar en verskaf maklike oplossings aan besige ouers. Daar is meer as 200 afdelings met inligting vir vanaf jou baba se geboorte tot jou kind met skool klaarmaak. Die toep help jou om jou dagboek te beplan en dit met gesinslede of vriende te deel, en dit laat jou van spesiale aanbiedinge en kompetisies weet. Beskikbaar by die App Store en Google Play.
Inenting: Dit speel klaar met superkieme!
Die onlangse uitbreek van masels in Gauteng en die Wes-Kaap is toegeskryf aan ouers se huiwerigheid om hul kinders te laat inent. Kundiges waarsku dat dit nie net lewensgevaarlike siektes kan laat posvat nie, maar ook antibiotikaweerstandige superkieme kan laat toeneem. Kieme word weerstandig wanneer antibiotika die vermoë verloor het om hulle dood te maak of te onderdruk. Immunisering kan siektes verminder en selfs heeltemal uitwis, wat weer die behoefte aan antibiotika laat afneem. Doen dus jou deel en laat ent jou kinders in!

Spaar by Gumtree Suid-afrika

Het jy geweet jy kan tweedehandse babatoerusting en -klere van ’n goeie gehalte by Gumtree SA koop? Skaf stootwaentjies, bababedjies en die skattigste uitrustings teen ’n breukdeel van die winkelprys aan!

Tegno-gesond
Next Biosciences is ’n biotegno-maatskappy wat ’n verskeidenheid innoverende dienste bied. Hulle het ’n stamselbank met die naam Netcells, en stel ook genetiese toetse beskikbaar wat voor implantasie en voor én gedurende swangerskap gedoen kan word. Hulle voer ook pasgeborene-siftingstoetse uit. Gaan na nextbio.co.za vir nog inligting.

Ma wees met humor

Superma (en ander mites) gaan jou laat krul van die lag – dit is eerlik en wemel van skreeusnaakse staaltjies. Die skrywer, Chantelle de Wet, erken dat ma wees nie die maklikste taak is nie, maar sê jy kan dit in ’n avontuur verander as jy dit met humor aandurf. Lapa Uitgewers, R180.

Superma (en ander mites)

Inspirasie vir besige vroue

Dagstukkies vir besige vroue is deur Christelle Webb-Joubert saamgestel en bevat dagstukkies deur bekende inspireerders soos Christine Feirrera, Helenè Bester en Aletté-Johanni Winckler. Met hierdie dagboek kan jy jou besige dag begin met troos, vrede en vreugde. Lux Verbi, R190.

Dagstukkies vir besige vroue

Aan’t hekel

As jy van hekelwerk hou, is Hallo, hekel net die boek vir jou. Die boek bekyk ’n patroon en vertolk dit dan op vier verskillende maniere na gelang van jou styl. Die patrone wissel ook in moeilikheidsgraad – daar is dus iets vir elkeen. Die skrywers is Cornel Strydom, Elsbeth Eksteen en Anisa Fielding. Human & Rousseau, R310.

Hallo, Hekel

Orde en inspirasie

Beplan jou bedrywige jaar met Dagboek sonder grense. Dis in wese ’n jaarbeplanner wat jy oor en oor kan gebruik. Die boek spog met bydraes deur bekende skrywers soos Janine Bevolo-Manders, Dina Botha en nog vele meer. Dis propvol wenke, resepte, kunsvlytprojekte en selfs woordraaisels! Lapa Uitgewers, R280.

Dagboek sonder grense
Rus vir jou siel & lyf
As jy vaal of uitgebrand voel, los gerus jou kinders by jou ma of ’n vriendin en gaan maak ’n draai by die PlacecolSPA in Linden, Johannesburg. Dié spa bied heerlike behandelings – van gesigbehandelings tot lyfmasserings – met Placecol-produkte. Bel 011 888 8523 of gaan na placecol.com.