Kameelperde nou in die kol

akkreditasie
Mr Price
Elke nou en dan is daar ‘n nuwe diertjie wat sy gesig in die babawêreld uitsteek.

Tans is enigiets van ’n pikkewyn tot ’n haas of ’n kat op klere, huisware en bykomstighede te vind, maar dit lyk asof die lang-nek kameelperd die nuuste gunsteling is.   

Die kameelperd kan op enige ontwerp gebruik word sonder dat dit geslagspesifiek word. En met neutrale kamers wat net gewilder word, is dit ook ‘n goeie opsie om ‘n biejtie karakter in ‘n baba- of kinderkamer te bring. As individue nie gaande is oor die kliniese wit, swart en grys wat deur die gewilde Skandinawiese-ontwerpstyl aangevuur word nie, kan hulle ‘n pragtige kamer met room en bruin en ander natuurlike elemente soos hout skep. ’n Kameelperd werk perfek in só ‘n kamer. 

Kameelperde kan ook ingespan word in babateë’s. koeke, koekies of papierversierings met die dier op sal dadelik lewe in ’n partytjie blaas. 

Hier is ‘n paar van die produkte wat tans in Suid-Afrika beskikbaar is: 

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees